Bela-Bela Akkommodasie by Leopard's Rock Self-catering | LekkeSlaap
+24

Leopard's Rock Self-catering

6 resensies
Selfsorg

Opsomming van Resensie

4.1 uit 5van 6 resensies vir Leopard's Rock Self-catering
Netheid
3.8/5
Diens
4.2/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
3.8/5
Yvette W - Jun 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Yvette W
Gesin met klein kinders

Lekker gebly.

Nie baba-vriendelik nie, maar die linne en die huis was skoon en ons het nogmaals lekker gebly.

Leopard's Rock Self-catering's terugvoer

Hi Yvette, ek is bly julle het tog lekker gebly. Ek is jammer oor die ongerief met julle kleinding. Die feit dat die huis verskillende vlakke het kan dit moeilik maak met 'n baba. Ek hoop julle kon bietjie van die natuur geniet. Vriendelike groete, Liezel.

Leopard's Rock Self-catering
Jaco N - Okt 2017
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Jaco N
Gesin met klein kinders

Rustigheid, maar te veel ornamente en trappe.

Gecko Lodge is geleë in 'n lekker rustige bosveld omgewing. Ongelukkig is die hele huis oortrek met ornamente en dit maak afbreek aan die verblyf ondervinding. Daar is amper geen werkspasie in die kombuis nie, a.g.v. al die ornamente en trinkets en opgestopte dooie diere. Raak asb. ontslae van helfte van die ornamente en opgestopte diere / diere-dele (olifante-voet stoele / olifant-slurp lampe). Maak ook die ligte skoon van al die dooie insekte in die leef-areas. Die huis is ook nie regtig geskik vir klein kinders of ouer mense nie, want daar is trappe orals en buite is die trappe baie onreëlmatig. Die huis kan baie nice wees, maar dan moet ten minste helfte van die ornamente verwyder word - die plek is heeltemal te besig. Ook, sit eerder 'n DSTV-skottel en 4-LNB skottel op sonder enige decoder, en beveel aan dat gaste hul eie DSTV decoder en smartcard moet saambring. Die StarSat diens bied regtig niks wat relevant is nie.

Lizel D - Feb 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Lizel D
Saam met vriende

Onvergeetlik!

Beslis 'n oorweging vir 'n volgende keer! Die huis is lieflik binne en elke hoek en draai bevat iets vir die oog. Hoewel die huis baie trappe het, is elke kamer baie privaat en bied elke vlak 'n wêreld van sy eie. Dis baie rustig in die omgewing en ons het heerlik ontspan.

Leopard's Rock Self-catering's terugvoer

Hi Lizel. Ek is so bly julle het lekker gekuier. Dankie vir jou terugvoer en ons sien uit om julle binnekort weer te ontvang.
Vriendelike Groete
Liezel

Leopard's Rock Self-catering
Ingrid S - Jan 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Ingrid S
Saam met vriende

Avontuurlik!

Ongelooflik lekker gebly. Huis is ruim en het oorgenoeg spasie vir 6 - 8 mense. Swembadarea was skoon en netjies. Stil omgewing. Heerlik op die stoep gesit elke aand. Mal oor die dekor. Cathy is 'n uitstekende gasvrou! Ek sal ook aanbeveel dat julle na die kragsituasie laat kyk, dit het so 3 keer getrip. Ek sal vir seker weer by julle bespreek.

Noleen G - Okt 2016
Gemiddeld
Netheid
1/5
Diens
2/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Noleen G
Saam met eggenoot / lewensmaat

Nie my smaak nie.

Die plekkie was nie sleg nie, maar dit het eerder soos 'n stoorkamer gevoel as blyplek, daar was soveel goed in daardie plekkie ingedruk. Daar is pragtige goedjies in die huis, maar bitterlik onprakties. Die kombuis is in 3 lae, jy werk op een vlak, moet met 3 trappe afgaan na die opwasplekkie en dan nog so 2 meter verder loop vir die asblik met nog 'n trappie. Ek het aan 'n paar borde en koppies gevat wat ek eers moes was voordat ek dit kon gebruik. Daar was 14 kussings op die hoofslaapkamer se bed, wie doen so iets? Die krag het afgeskop toe ons twee toestelle saam aangehad het, daar is 3 elektriese borde in daardie plek, moes 2 keer bel om uit te vind waar dit sit. Die swembad is 'n hele entjie wat jy deur die bosse moet loop om daar by te kom en dit ook was nie baie skoon nie met baie goggas daarin. Die omgewing is baie mooi en ons het 'n paar wilde diere gesien. Ons het van die braai buite gehou en het meeste van ons tyd daar spandeer. Hierdie plekkie is vir die "wild at heart".

Leopard's Rock Self-catering's terugvoer

Hi Noleen. Ek is so jammer julle het nie n goeie ervaring gehad nie, ons gaan beslis aan al die punte wat jy genoem het aandag gee.
Dit is onaanvaarbaar en ons vra groot om verskoning.

Leopard's Rock Self-catering
Lesley C - Sep 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lesley C

So lekker en rustig.

Ons het dit vreeslik geniet. Liezel en haar ma was so behulpsaam. Dit is 'n pragtige plek en dit was lekker om die wild te sien. Ons sal enige tyd weer teruggaan.

Leopard's Rock Self-catering's terugvoer

Hi Lesley. Baie dankie vir jou terugvoer, ons waardeer dit opreg. Ons sien uit om julle weer te ontvang.

Leopard's Rock Self-catering
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Arendskrans 1, Leopard's Rock Estate, Bela-Bela, 510, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDZhOGU1MTFlLTc2MmUtNGJmYy04ZWNjLWFjNjQ5MzIwZTg1Ng?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 200  per nag (plek vir 6) 6 5 1 5 1 Arendskrans Leopard's Rock Estate 510 Limpopo 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -24.785088397148 28.29441100359
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za