LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Gecko Rock | LekkeSlaap
+25

Gecko Rock

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sunset-laan 52, Llandudno, Kaapstad, 7806, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 7
  • Vanaf R10 883 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Gecko Rock bied stylvolle akkommodasie in 'n moderne, smaakvolle dubbelverdiepinghuis. Dit bied 'n uitsig oor die see, berg en sonsondergang, en is net 50 m van die see af geleë. Die huis is in die stil, rustige, kuswoonbuurt Sunset Rocks, aan die voet van Klein Leeukop tussen Llandudno en Sandy Bay Natuurreservaat, geleë.

Die hoofhuis het 4 slaapkamers met koningingrootte-beddens, waarvan 2 en suite-badkamers het en see-uitsigte bied. Die hoofslaapkamer het 'n TV, sauna, bad en 'n stort. Dit het ook 'n balkon met 'n Jacuzzi. Die derde en vierde slaapkamer deel 'n badkamer met 'n groot bad en stort. Die oopplan-kombuis is toegerus met 2 stowe, mikrogolfoond, oond, koffiemasjien, versappers, toebehore, 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die oopplan-eetkamer beskik oor 'n eetkamertafel met 8 stoele en lei na die sitkamerarea met oorgenoeg gemaklike sitplek. Daar is 'n TV-kamer en studeerkamer bo.

Die onderdak-patio bied 'n see-uitsig, braaigeriewe en 'n tafel met 8 stoele. Daar is ook 'n swembad wat nie omhein is nie. Die huis het 'n alarmstelsel en veilige parkeerplek is beskikbaar in die oprit.

Gecko Rock is net 16 km vanaf Kaapstad se stadskern en 5 km vanaf Houtbaai waar daar talle restaurante en winkels is. Die ligging is rustig en sonder enige verkeer of besoedeling. Die strand bly ongerep met sagte, wit sand, verfrissende seewater en inheemse fynbos.

Ligging

  • Sunset-laan 52, Llandudno, Kaapstad, 7806, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R10 883
per nag (plek vir 10)
Vanaf R10 883
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sunset-laan 52, Llandudno, Kaapstad, 7806, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 7
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA35dfe1081555cdf8dda84a809860c23b425c42356f4495cca0f985615fcc2d6e6abcae2e82060fe86c211a45e5211a11c283?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R10 883  per nag (plek vir 10) 52 Sunset Avenue Llandudno 7806 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.012993359501 18.336015364418
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!