Gemini Experience

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die Gemini Experience is 'n ten volle gespysenierde- en professioneel-begeleide safari vir 'n groep van 2 tot 8 gaste in die Timbavati Privaat Wildsplaas. Die safarikamp word eksklusief bespreek deur 'n groep met 'n toegewysde veldwagter en spysenier vir die duur van hulle verblyf. Die safarikamp is geleë op 'n gelyke vlakte op die walle van die Klaserierivier onder 'n klomp samanbome en jakkalsbessies. Timbavati Privaat Natuurreservaat is beroemd vir die Wit Leeus van die 1970's en het vele bekende kommersiële lodges. Gemini bied totale eksklusiwiteit met slegs 4 vrystaande chalets wat verprei is onder die bome, met 'n sentrale swembad en vuuromhulling vir die aande om die kampvuur.
Daar is 'n groot, oopplan-grasdak bedekking met 2 kante wat in geheel bestaan uit afrolseil sodat die hele area oopgemaak kan word met 'n aansig op die swembad en die rivier ondertoe. Hierdie uitgestrekte grasdakbedekking huisves 'n lang eettafel en stoele met die kombuis deur swaaideure. Daar is 'n kroegtoonbank en stoele met 'n musieksentrum, yskas en kroegaandenkings, asook 'n gesellige hoekie met 'n aantal gemakstoele om 'n jet mastervuur geplaas. Die res van die spasie is 'n informele plasing van banke en ottomans waar die tyd aangenaam verwyl kan word tydens die hitte van die dag.Die swembad is groot en kristalhelder en omring deur 'n welige strook gras en sonstoele.
Die chalets het elk 'n klein ingangsportaal wat uitloop in 'n ruim kamer wat oorheers word deur 'n bosbedstyl-ledekant met 'n raam wat 'n baldakyn met 'n wapperende wit muskietnet ondersteun. Die dakwaaier is binne-in die baldakyn geplaas sodat selfs warm somernagte gemaklik en insek-vry kan wees. Die kamer is versier met handgeverfde werke en 'n aantal gemakstoele om 'n lae tafeltjie geplaas. Lig stroom in vanaf die skuifdeuropening na 'n patio en 'n aangrensende deur lei na 'n geteëlde badkamer. Die bal-en-kloubad en klipwasbak vorm 'n gang na die glasdeur wat lei na die binnehof en buitestort. Die meeste kamers het koningingroottebeddens, maar daar is 'n paar enkelbeddens beskikbaar. 'n ietwat grillerige alternatiewe slaapreëling is 'n oopkant solder wat gebou is bo-oor 'n kampwerkswinkel kompleet met ledekantbeddens vir 'n aangename nagrus selfs in die buitelug, met die leeus wat brul en 'n geroep van 'n uil vir 'n slaapliedjie.
Die kamp is uiters gemaklik en 'n feestelike plek vir 'n groep boesemvriende om kwaliteittyd in die bos deur te bring, terwyl hulle die oop-voertuigwildkykritte geniet, aandetes om die vuur deel en middae by die sembad verwyl of 'n middagslapie in gerief geniet.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte Ingesluit
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Alle Etes Ingesluit

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Gemini Experience gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R30 000 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za