Geneva Drive Townhouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Geneva Drive Townhouse is 'n lieflike selfsorg-meenthuis wat oor 3 verdiepings strek. Dis ideaal vir 'n gesinsvakansie in 'n gewilde deel van Kampsbaai. Jy hoef net 'n kort entjie te stap of ry na die strand waar talle restaurante, kroeë en koffiewinkels geleë is. Tafelberg se kabelkarretjie en die V&A Waterfront is net 15 minute se ry van ons af.

Die huis het 3 en suite-slaapkamers en 'n groot oopplan-leefarea wat na 'n ruim kuierarea buite lei.

Daar is veilige parkeerplek vir 2 voertuie in die motorhuis onder wat direkte toegang tot die gang bied. 'n Stel trappe lei van die gang af na die ruim oopplan-leefarea met 'n kombuis, eet- en sitarea. Die oopplan-uitleg maak dat jy steeds met die res van die geselskap in die leefarea kan sosialiseer terwyl jy maaltye in die kombuis voorberei. 'n Privaat gastetoilet is ook op dié vloer beskikbaar. Die leefarea het glasdeure na 'n groot kuierarea met 'n plonspoel, etenstafel en draagbare braai. Geneva Drive Townhouse bied 'n ongelooflike see-uitsig met volmaakte sonsondergange.

Die volgende stel trappe lei na die 3 slaapkamers, elk met 'n volledige badkamer. Die ruim hoofslaapkamer front na die see en het 'n TV, lugversorging en 'n balkon met 'n see-uitsig. Jy kan die see sommer van die bed af sien! Die ander 2 slaapkamers het gemaklike dubbelbeddens, volledige en suite-badkamers en glasskuifdeure na 'n privaat tuintjie.

Die meenthuis het 'n alarmstelsel en al die glasdeure het veiligheidshekke.

Slaapplek

'n Bespreking by Geneva Drive Townhouse sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Geneva Drive Townhouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R8 500 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za