Getaway Bush

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Getaway Bush is 'n selfsorgvakansiehuis in 'n natuurreservaat, Marlothpark, en grens aan die Krugerwildtuin. Diere soos koedoe, sebra, wildebees, kameelperde, impala en vele meer loop vrylik rond tussen die huise.

Dié huis beskik oor 3 slaapkamers en is ideaal vir 4 volwassenes en 2 kinders. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'ns tort. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en ideaal vir kinders. Elke kamer het lugversorging, plafonwaaiers en groot venster om wild te gewaar.

Die huis het 'n oopplan-sitarea, -eetarea en -kombuis. Die kombuis het 'n yskas, diepvrieskas, stoof, elektriese warmwatersilinder, mikrogolf, broodrooster, breekware en eetgerei. 'n 36''-TV met volledige DStv word voorsien. Gratis WiFi is beskikbaar. Linne en handdoeke, vadoeke, skottelgoedseep en skoonmaakmiddels word voorsien. Die huis word 3 keer per week skoongemaak, op Maande, Woensdae en Vrydae. Gaste kan reëlings tref indien ekstra skoonmaak vereis word.

Gaste kan afkoel onder die buitestort of in die plonspoel en het toegang tot die boma en gasbraai buite waar jy die geluide van leeus, hiënas en renosters kan hoor. Daar is 'n oorvloed voëllewe, veral in die wintermaande. Gaste kan 10 km ver langs die heining in Marlothpark ry of stap waar die Groot 5 gereeld te sien is en krokodille in die rivier lê.

Daar is ook 'n addisionele kothuis beskikbaar teen 'n ekstra koste met slaapplek vir 4 gaste. Gaste kan navraag doen oor die kothuis indien hulle meer gaste wil saambring. Indien gaste nie die kothuis bespreek nie, bly die kothuis leeg gedurende die tydperk van verblyf.

Slaapplek

'n Bespreking by Getaway Bush sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Dienste

  •  Diens op aanvraag

Ekstras

  •  Kroegyskas

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer
  •  Sitkamer

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Getaway Bush gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 300 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za