Plettenbergbaai Akkommodasie by Getaway Plett | LekkeSlaap
+28

Getaway Plett

Selfsorg
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Rosheensingel 14 , Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
  • Vanaf R3 200 per nag (vir 5 persone)

Beskrywing

Getaway Plett is in Plettenbergbaai op die Tuinroete geleë en bied ‘n lieflike uitsig oor die see en op die Tsitsikammaberge.

Dié woonstel beskik oor ‘n oopplan-leefarea, 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het ‘n koningingrootte-bed, kaste, plafonwaaier en ‘n privaat badkamer met ‘n stort, bad, wasbak en toilet. Die tweede kamer is toegerus met 2 enkelbeddens, 'n slaapbank, plafonwaaier en 'n en suite-badkamer met ‘n stort, wasbak en toilet. Linne, bad- en swemhanddoeke word voorsien.

Die woonstel het privaat toegang via trappe vanaf die parkeerarea.

Die oopplan-kombuis en -leefarea het glasdeure wat lei na ‘n groot balkon met ‘n gasbraai, tafel en gemaklike stoele. Daar is ook ‘n Weber-braai in die tuin. Die oopplan-kombuis is toegerus met ‘n yskas-vrieskas, elektriese oond, gasstoof, wasmasjien, mikrogolf, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware. Daar is ook ‘n eetarea met ‘n tafel en stoele. Die leefarea het 2 gemaklike rusbanke, lugversorging en ‘n platskerm-TV met Netflix.

Daar is ‘n klein gemeenskaplike swembad en privaat parkeerplek vir 2 voertuie en ‘n sleepwaentjie agter ‘n afstandbeheerhek. Die woonstel het ook gratis WiFi.

‘n Skoonmaakster is sekere dae op u versoek teen ekstra koste vir 2 uur beskikbaar. Die woonstel word weekliks gratis skoongemaak vir langer verblyf.

Die woonstel is sowat 2 km vanaf Plettenbergbaai se middedorp met verskeie gewilde restaurante en koffiewinkels, 3 km vanaf Market Square-winkelkompleks en 1,7 km tot 5 km vanaf Plett se pragtige strande.

Slaapplek

’n Bespreking by Getaway Plett sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed Enkelslaapbank
Slaapkamer 2
Plek vir 3 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xEnkelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Rosheensingel 14 , Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 200
per nag (vir 5 persone)
Vanaf R3 200
per nag (vir 5 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Rosheensingel 14 , Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAPQc5g6oBGkFpAvos2XbNUEsC9rt99Cj5ID0qOYKHmVAaBVnApm?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 200  per nag (vir 5 persone) 14 Rosheen Crescent Plettenberg Bay 6600 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-21:00 11:00 -34.0467788842 23.364721690807
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za