Tamboerskloof Akkommodasie by Gilmour Hill B&B | LekkeSlaap
+32

Gilmour Hill B&B

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Glamour Hill 7, Tamboerskloof, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
  • Vanaf R1 540 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Gilmour Hill is 'n wonderlike wegbreekplek aan die rand van die stad. Ontspan en kry 'n tweede asem by hierdie gastehuis met sy ideale ligging. Ons is tussen Kaapstad se sakekern en Leeukop in Tamboerskloof geleë. Die huis staan van die laat 19de eeu af al op die heuwels van Tafelberg. Glamour Hill is 'n Victoriaanse huis met 4 en suite-slaapkamers, 'n sentrale eetarea, 'n leefarea, 'n patio aan die buitekant met 'n tuin. Die tuin en die huis loop oor van karakter en lewe! Daar is 'n satelliet-TV in van die kamers en WiFi regdeur die huis.

Gilmour Hill is in die hartjie van Tamboerskloof geleë. Almal en alles is binne 10 minute se ry van jou af. Jy is baie naby aan die KIKS, Kampsbaai, Clifton, die V&A Waterfront, Tafelberg en Leeukop. Kloof- en Breestraat, met al sy restaurante en winkels, is loopafstand van die huis af. Ons is ook naby aan openbare vervoer. Daar is parkeerplek van die straat af.

Die eienaar, Maureen, is net so vol karakter soos die huis. Sy het al ver en wyd gereis en geniet dit vreeslik baie om al haar stories te deel met besoekers van regoor die wêreld. Sy dra 'n atmosfeer van warmte en eensgesindheid oor na die gastehuis. Aangesien sy lief is vir kook kan jy uitsien na heerlike ontbyte, tuisgemaakte konfyt en talle ander lekkernye soos pannekoek met spek, crème fraiche, stroop en somervrugte. Daar is ook altyd 'n pot vars koffie beskikbaar!

Kenmerke

Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 3 resensies vir Gilmour Hill B&B
Netheid
4.7/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Glamour Hill 7, Tamboerskloof, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
  • Gaste dink Gilmour Hill B&B het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 540
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 540
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Glamour Hill 7, Tamboerskloof, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfpcZMPm9zUpsQfeQpvPKkhgLqJZFTbuHA9Di3Uow75sEhnk7Ra?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 540  per nag (vir 2 persone) 3 5 1 5 7 Gilmour Hill Tamboerskloof 8001 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 11:00 -33.92999 18.405844
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za