Kommetjie Akkommodasie by Glasenapp House | LekkeSlaap
+28

Glasenapp House

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lighthouse-weg 48, Kommetjie, 7975, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R20 000 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Glasenapp House is 'n selfsorg-vakansiehuis aan die suidelike kant van Kommetjie langs die Slangkop-vuurtoring. Die kusdorpie is halfpad aan die Weskus van die Kaapse Skiereiland geleë en spog met bekende toeriste-aantreklikhede soos Imhoff Farm, Slangkop-vuurtoring en Long Beach waar gaste lekker kreef kan duik.

Die huis bied slaapplek aan 6 volwassenes en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n gastebadkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n en suite-stort en 'n groot venster wat pragtige berguitsigte bied. Die tweede en derde slaapkamer het elkeen 'n koningingrootte-bed en groot skuifvensters wat tuin-uitsigte bied. Dié kamers deel 'n badkamer met 'n stort. Elke slaapkamer het 'n ottoman wat ideaal is vir 'n kind.

Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoele. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste en die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n kaggel.

Daar is groot skuifdeure aan elke kant wat toegang tot die natuurlike melkhouttuin bied. Die groot houthortjies bied skaduwee en sekuriteit.

Kenmerke

Veilige Parkering

Geriewe

  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Ligging

  • Lighthouse-weg 48, Kommetjie, 7975, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R20 000
per nag (plek vir 6)
Vanaf R20 000
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lighthouse-weg 48, Kommetjie, 7975, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0SiYPl8hZtjpUnK3CGpCXkC3sRgO6WXuqA3okORlagdlWWj4cr?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R20 000  per nag (plek vir 6) 48 Lighthouse Road Kommetjie 7975 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -34.14572 18.321305
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za