Glen Eagles 20

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Glen Eagles 20 is in 'n sekuriteitskompleks in Port Edward geleë. Dié ruim eenheid bied slaapplek aan 6 gaste.

Dié eenheid het 'n gedeeltelike see-uitsig en beskik oor 3 slaapkamers, elk met dubbelbeddens. Die slaapkamers deel 2 badkamers. Gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n mikrogolf, oond, stoof, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n etenstafel.

Die sitkamer het 'n TV en daar is braaigeriewe op die stoep. Daar is 'n DStv-koppelpunt, maar gaste moet asb. hul eie dekodeerder en slimkaart saambring.

Glen Eagles 20 is net 800 m vanaf die Port Edward Buiteklub en 1,8 km van die strand af. Port Edward bied verskeie restaurante en doendinge, soos visvang, branderplankry, voetslaan en bergfietsry. Gaste kan ook besienswaardighede soos die Port Edward-vuurtoring, die Red Desert Natuurbewarea en die Wild Waves Waterpark besoek.

Slaapplek

'n Bespreking by Glen Eagles 20 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Glen Eagles 20 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R560 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false