Glen Gory Manor Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Glen Gory Manor Guest House is in Benoni op 'n landgoed, 20 minute vanaf die OR Tambo Lughawe geleë. Glen Gory Manor is ook naby winkelsentrums, die sakekern, en reg oorkant die Kopanong Hotel en Konferensiesentrum.

Glen Gory Manor Guest House bied smaakvol ingerigte en goed toegeruste kamers, elkeen met sy eie en suite-badkamer, 'n TV met sekere DStv-kanale, lugversorging, yskassie, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe en WiFi. Die kamers skuil in 'n pragtige tuin met 'n binnenshuise swembad.

'n Engelse ontbyt kan daagliks geniet word. Middagete en aandete is op versoek teen ekstra koste beskikbaar. Glen Gory Manor spog met heerlike maaltye en vriendelike diens.

Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. 'n Lughawependeldiens, 'n motorhuurdiens en wasgoedgeriewe is op versoek beskikbaar.

Glen Gory kan vir klein funksies soos korporatiewe gebeurtenisse, ooievaarstee, kombuistee en teemaaltye spyseniering doen.

Dit is ook die ideale bestemming vanwaar sakereisigers, toeriste en dagbesoekers die verskillende besienswaardigehede wat Gauteng het om te bied, kan verken.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Glen Gory Manor Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za