Glen View Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Glen View Guest House is geleë in Glen Hills, Durban-Noord. Die gastehuis het 'n wonderskone uitsig oor The Glen en is 'n oase van vrede en kalmte in die stad.

Die gastehuis word hoog aangeskryf deur Tripadvisor en dit is veral die diens en fantastiese uitsigte wat uitstaan. Besoekers klop by ons aan om te ontvlug van die rep en roer van die stad. Die gastehuis is 'n luukse, moderne, ruim en veelvlakkige gebou met luisterryke uitsigte en ons akkommodasie wissel van akkommodasie wat alles insluit tot selfsorg-akkommodasie. Al die kamers het en suite-badkamers en die nodige geriewe soos lugversorging, sekere DStv-kanale, onbeperkte WiFi en 'n keuse tussen 1 koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens.

As die weer dit toelaat word 'n stewige ontbyt op ons ruim balkon met sy pragtige uitsig oor The Glen en sy kleurvolle blaredak bedien, andersins word dit in die eetkamer met sy groot Oregon-houttafel voorgesit. Ons moderne, volledig toegeruste konferensiesaal met lugversorging het plek vir 30 afgevaardigdes. Verversings word bedien op ons ruim balkon. Daar is 'n onderdak-onthaalarea met plek vir tot 60 gaste. Die ligging is ideaal vir produkbekendstellings, spanbousessies en vermaaklikheidsaande.

Daar is ook 'n braai-area vir etes na konferensies en besoekers kan ook lekker ontspan op ons swembad-dek met plek vir uitstallings en middagetes. Die gastehuis is net 5 minute se ry van Riverside Business Park af. Laasgenoemde is deel van River Horse Valley Industrial Estate wat baie vinnig aan die ontwikkel is.

Glen View Guest House bied alles wat jy nodig het.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Internet
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Glen View Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za