Glimpse of the Ocean 35056
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Van Zylstraat 52, Tergniet, 6252, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R5 000 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Glimpse of the Ocean 35056 is 'n ruim selfsorghuis met slaapplek vir 10 gaste in Tergniet.
Dié dubbelverdiepinghuis beskik oor 5 kamers, elk met 'n en suite-badkamer, waarvan 3 op die boonste vloer is. Elke kamer het 'n TV met DStv se Hotel-pakket. Vier van die kamers het elk 'n dubbelbed en die vyfde kamer het 2 enkelbeddens. Linne word voorsien en gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring. Daar is 'n sitkamer op die boonste vloer wat lei na 'n balkon met 'n gedeeltelike see-uitsig.
Die oopplan-kombuis is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, wasmasjien en skottelgoedwasser toegerus. Daar is 'n eetkamerstel vir 8 en 'n TV met die DStv Hotel-pakket. Neem asb. kennis dat gaste nie in die huis mag rook nie.
Die leefarea lei na die agtertuin en draagbare braaigeriewe is beskikbaar. Vier onderdakparkeerplekke word voorsien. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie. Die huis kan 2 keer per week op versoek teen 'n ekstra koste skoongemaak word en dit kan met die skoonmaker gereël word.
Glimpse of the Ocean 35056 is 500 m vanaf die strand en gaste kan in die getypoel swem, langs die strand gaan stap of 25 km ry Mosselbaai of 30 km George toe.
Slaapplek
’n Bespreking by Glimpse of the Ocean 35056 sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Fietsry
- Swem
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Ligging
- Van Zylstraat 52, Tergniet, 6252, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Tergniet Groot-Brakrivier Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Van Zylstraat 52, Tergniet, 6252, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom