Pringlebaai Akkommodasie by Glory Be in Pringle Bay | LekkeSlaap
+11

Glory Be in Pringle Bay

Selfsorg
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 799 False Bay-weg, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 720 per nag (plek vir 7)

Beskrywing

Glory Be is 'n ruim vakansiehuis met beeldskone uitsigte oor Valsbaai en is in Pringlebaai geleë. Dis slegs 75 meter van die hoofstrand af. Dis die ideale vakansiebestemming vir gesinne.

Dié dubbelverdiepinghuis kan 7 gaste in 3 slaapkamers huisves. Die 3 slaapkamers het 'n koninggrootte-bed, 3 enkelbeddens en 'n stapelbed. Daar is 2 badkamers, 1 met 'n stort en die ander met 'n bad.

Die kombuis is ten volle toegerus en het 'n skottelgoedwasser. Die oopplan-leefarea het gemaklike sitplek, 'n TV met DVD-speler, 'n kaggel en eetkamertafel. Daar is ongelukkig nie DStv nie. Die huis is nie geskik vir peuters nie.

Glory Be beskik oor braaigeriewe en parkeerplek op die perseel.

Besienswaardighede in die omtrek sluit Pringlebaai-strand, Stony Point Pikkewynkolonie, Bettysbaai-hoofstrand, Harold Porter Nasionale Botaniese Tuine, Leopolds Kloof-voetslaanroete en Kogelberg Natuurreservaat in.

Slaapplek

’n Bespreking by Glory Be in Pringle Bay sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 3 persone
3 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelslaapbank
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelslaapbank

Ligging

  • 799 False Bay-weg, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 720
per nag (plek vir 7)
Vanaf R1 720
per nag (plek vir 7)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 799 False Bay-weg, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGMwZWEyZWJjLTg1MDctNDViZS1iMzVlLWZhNmJjNTllYjM5Yw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 720  per nag (plek vir 7) 799 Valsbaai Road Pringle Bay 7196 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-19:00 10:00 -34.347500332521 18.82621049881
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za