Uvongo Akkommodasie by Glyndale Sands 402 | LekkeSlaap
+25
+25

Glyndale Sands 402

Selfsorg
  • Vanaf R1 400 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Staffordlaan, Glyndale Sands 402, Uvongo, 4275, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Glyndale Sands 402 is 'n stranfront-selfsorgwoonstel in Uvongo. Daar is slegs 'n straat wat die woonstel van die strand skei. Die hoofslaapkamer, sitkamer, en stoep het almal 'n gedeeltelike see-uitsig. Die eenheid is ideaal vir gaste wat tyd op die strand wil spandeer en visvang. Die eenheid het leerbanke en luukse afwerkings.

Dié woonstel het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Hierdie kamer het ook 'n TV en toegang tot 'n balkon. Die tweede kamer het 'n koninggrootte-bed en die derde kamer het 'n dubbelbed. Die gastebadkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n toonbank met stoele. Die eetarea het sitplek vir 6 en daar is gemaklike banke in die sitkamer en 'n platskerm-TV teen die muur met volle DStv.

Daar is 'n groot onderdakbalkon wat die leefarea vergroot en daar is sitplek en gasbraaigeriewe. Die kompleks is ommuur en het 'n automatiese hek. Daar is 'n dubbeltoesluitmotorhuis waarvan gaste gebruik kan maak en het plek vir 2 middelslag motors.

Slaapplek

’n Bespreking by Glyndale Sands 402 sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Ligging

  • Staffordlaan, Glyndale Sands 402, Uvongo, 4275, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 400
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 400
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 400
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Staffordlaan, Glyndale Sands 402, Uvongo, 4275, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7befc1c2e4561323e7bb6ba4c54fc9477117c9e8aa7223208bd5397526cfea5a8a6e2dd620708c8799de79fa3b053b2dd3a3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 400  per nag (plek vir 6) Stafford Avenue 402 Glyndale Sands 4275 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -30.832428312318 30.398299920238
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za