Somerset-Wes Akkommodasie by Go2 Places | LekkeSlaap
+13

Go2 Places

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Prellerstraat 1, Parel Vallei, Somerset-Wes, 7130, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Go2 Places is 'n selfsorg-eenheid op die eienaar se erf in Somerset-Wes. Die eenheid is ideaal naby verskeie besienswaardighede en Strand.

Dié moderne, ruim eenheid het sy eie ingang en is goed toegerus vir lang- en kortermynverblyf. Die eenheid beskik oor 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens en is geskik vir 2 volwassenes en 2 kinders. Die ruim en suite-badkamer het 'n toilet, wasbak en 'n stort.

Die eenheid het 'n kombuisie met 'n yskas, mikrogolf, 'n stoofplaat en 'n broodrooster. Gaste het ook toegang tot gratis optiesevesel-WiFi en die sitkamer het 'n TV met Netflix. Die woonstel het 'n privaat tuin met braaigeriewe en veilige parkeerplek vir 1 voertuig is agter 'n afstandbeheerhek beskikbaar.

Die eenheid is sentraal in Somerset-Wes geleë en is slegs 'n entjie se ry vanaf Somerset Mall en Gordonsbaai se strande. Stellenbosch en die Kaapse Wynlande is sowat 20 km ver.

Die eiendom is oorkant 'n groot fietspark met bergfietsroetes en tennisbane.

Slaapplek

’n Bespreking by Go2 Places sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed Dubbelbed
Slaapkamer
Plek vir 4 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Prellerstraat 1, Parel Vallei, Somerset-Wes, 7130, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R950
per nag (plek vir 4)
Vanaf R950
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Prellerstraat 1, Parel Vallei, Somerset-Wes, 7130, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAATsxGGiekOJbx2A0mpifrZWT0IcCFbeDXYgTwt6xdeND8M9Ggrt?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R950  per nag (plek vir 4) 1 Preller Street Parel Vallei 7130 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.07099 18.84911
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za