Bettysbaai Akkommodasie by Goblin's Garden | LekkeSlaap
+17

Goblin's Garden

5 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bass-weg 5391, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 890 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Goblin's Garden bied gerieflike selfsorgverblyf in die vakansiedorpie genaamd Bettysbaai. Dié drieslaapkamerhuis staan op 'n groot werf met grasperke en reuse bome wat skadu's gooi oor die paadjies. Hier heers 'n woud-atmosfeer wat mens amper laat dink daar skuil feetjies en kabouters in die kreupelbos.

Die woning kan 8 persone in 3 slaapkamers akkommodeer (1 koninggrootte-, 1 dubbel- en 4 enkelbeddens), 2 badkamers (een met ‘n bad en een met ‘n stort). Die huis het ‘n oopplan-sitkamer met 'n vuurherd, ‘n TV (bring eie dekodeerder en slimkaart vir DStv-koppeling), kroegyskassie en eetruimte. Die sitkamer loop uit op ‘n groot houtstoep met uitsigte oor die tuin en see. Die kombuis met 'n opwasvertrek, beskik oor ‘n yskas-vrieskas, diepvrieskas, vierplaatgasstoof, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, eet- en kookgerei. Die braaiplek is langs die huis. Gaste het ‘n keuse om hul eie bedlinne en handdoeke saam te bring, of dit kan teen ‘n ekstra koste voorsien word

Daar is ‘n tennisbaan en ‘n natuurlike, donker, fonteinwater-swempoel wat gevoed word deur ‘n bergstroom – paddas hou ook daarvan. Die swembad is omhein, maar word op eie risiko gebruik. Goblin's Garden is minder as 7 minute se ry (of minder as 'n halfuur se stap) vanaf Bettysbaai se hoofstrand en dit is ook lekker naby Bass-meer, Malkopvlei en die Harold Porter Botaniese Tuin.

Slaapplek

’n Bespreking by Goblin's Garden sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 4 persone
4 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 5 resensies vir Goblin's Garden
Netheid
4.8/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Bass-weg 5391, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
  • Gaste dink Goblin's Garden het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 890
per nag (plek vir 8)
Vanaf R1 890
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bass-weg 5391, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGNlMzUwZjA0LTBkZWYtNGM5ZC1iOGU4LTI3MjEyNjdhNjJhZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 890  per nag (plek vir 8) 5 5 1 5 5391 Bass Road Betty's Bay 7141 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-19:00 10:00 -34.35133968113 18.919678777456
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za