Struisbaai Akkommodasie by Gods Whistle | LekkeSlaap
+19

Gods Whistle

Selfsorg
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Murexstraat, Langezandt Fishermen's Village, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 400 per nag (plek vir 9)

Beskrywing

Gods Whistle is 'n selfsorgkothuis in die pragtige sekuriteitskompleks, Langezandt Fishermen’s Village, in Struisbaai. Die kothuis is net 7 km van die mees suidelike punt van Afrika, die gewilde Kaap Agulhas en sowat 200 km van Kaapstad af. Die nabye Blouvlagstrand is ongerep, vol fynbos en 14 km lank, en net 300 m van die kothuis af.

Die kothuis het slaapplek vir 9 gaste en beskik oor 4 slaapkamers met volledige en suite-badkamers, 'n solderkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. 2 van die slaapkamers is privaat en buite die hoofhuis geleë. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 2 slaapkamers het dubbelbeddens en die laaste slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die solderkamer het 'n enkelslaapbank. Alle beddegoed, insluitend verekussings, 'n vere-duvet, wit oortreksels en handdoeke, word voorsien. Strandhanddoeke word nie voorsien nie.

Die kombuis is ten volle vir selfsorg toegerus en sluit 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware in. Daar is ook 'n wasmasjien en tuimeldroër. Die eetarea het sitplek vir 8 gaste en die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale.

Die eenheid het 'n lieflike buitebraai en kuierarea, sowel as 'n buitestort met warm en koue water om die sand na 'n dag op die strand af te spoel. 'n Daaglikse skoonmaakdiens kan gereël word en troeteldiere word op versoek toegelaat.

Slaapplek

’n Bespreking by Gods Whistle sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelslaapbank
Slaapkamer 5
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Ligging

  • Murexstraat, Langezandt Fishermen's Village, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 400
per nag (plek vir 9)
Vanaf R3 400
per nag (plek vir 9)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Murexstraat, Langezandt Fishermen's Village, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6fce9129a8b74f7892abbae0ad90741d3e647ab1c0787627c830c57a417d283e5426f4b51a6d18fd64c261eec7762c96df31?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 400  per nag (plek vir 9) Murex Street Langezandt Fishermen's Village 7285 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.790001193913 20.044275647632
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za