God's Window

Voeg by Gunstelinge

 

Die volgende word by die tariewe ingesluit:
God's Window
Hierdie is selfsorg-eenhede. Skoonmaakdienste is beskikbaar teen R 120 per halfdag.
Belasting en Ekstras
Aangesien die landgoed teen die grens van die Umtamvuna Natuurreservaat geleë is, is al die reëls en regulasies daarop uit om die diere, reptiele, fauna, flaura en insekte te bevoordeel en aan die lewe te hou, dié organismes is afhanklik van mekaar om aan te hou bestaan.

Geen harde musiek nie. Diegene wat Gods Window Estate besoek word toegelaat om luide musiek in in sekere gedeeltes van Port Edward en/of die Old Pont Resort te speel.

Geen geskreeu of harde uitroepe word toegelaat nie. 'n Tweerigting radio is beskikbaar as jy kontak moet maak met iemand op die perseel, dit is nie nodig om te skeeu nie.

Misbruik van alkohol en/of dwelms wat lei tot aggressie, intimidasie, dreigemente, beledigings, en onstabiele of oproerige gedrag word nie toegelaat nie.

Besoekers mag slegs vuur maak by die vuurmaakplekke - nêrens anders nie.

Vuurmaakhout mag nie bymekaargemaak word nie. Ons het genoeg hout. Reël dit asb. by Gods Window Too se kantoor. Skryf jou bestelling op die witbord neer as daar niemand in die kantoor is nie.

Alle vure en kole moet geblus word voordat jy 'n vuurmaakplek verlaat. Daar is winde wat die kole kan waai na na plekke wat kan vlamvat.

Diere mag nie gevoer word nie, tensy dit vooraf gereël word met Marcel Lottering.

Geen insekte, reptiele of diere mag leed aangedoen word of doodgemaak word nie. Buite die perseel: moenie spinnerakke, perdebyneste of mierneste vernietig sonder Marcel Lottering se toestemming nie. (Waar nodig)
As jy bedreig voel deur enige insek op die perseel, vat dit asb. buitentoe of vra vir iemand om jou by te staan om dit te verwyder.

Plante, mos, enige tipe plantegroei teen bome of ander plante word toegelaat nie.

Gebruik die paadjies sover jy kan, veral as dit gereën het aangesien daar dan spinnerakke op die gras is en klein paddas wat kos soek na die reën (ook as dit mistig is). Wees versigtig as die paadjies en trappe glad is.

Kyk uit vir langbeenspinnekoppe wat oor die paadjies loop sodat jy nie op hulle trap nie. Hulle is heeltemal skadeloos.

Gaste word nie toegelaat om van die ablusieblok af in die swembad te spring nie. Geen "bomme" mag in die swembad gemaak word nie. Daar is rotsagtige gedeeltes en kranse langs die Umtamvunarivier waarvan af mens kan spring, dit kan met 'n kano bereik word.

Rook word nie binnenshuis toegelaat nie. Gebruik asb. asbakkies en/of ander soortgelyke houers vir sigaretstompies buite.

Moenie rommel strooi nie.

Net enkelvel-toiletpapier en bio-afbreekbare "wet wipes" mag gebruik word in die toilette. Net bio-afbreekbare skoonmaakmiddels mag gebruik word. Septiese tenks word vir die toilette gebruik.

Ons gebruik water uit die rivier (stroomop). Mens kan die water drink. Gebruik water spaarsamig.
Fonteinwater is beskikbaar by die waterval stroomop in die kloof oorkant Leopard-strand. Dit kom vanaf 'n fontein bo die kloof - dit is 'n lanbougebied. Die oorsprong van die stroom is sigbaar vanaf Clearwater Estates se uitkykdek.

Gebruik water en elektrisiteit asb. spaarsamig. Helder ligte lok ongewenste insekte.

Skakel in by die natuur se wonderlike werksaamhede en wees dankbaar daarvoor, jy sal gou verstom staan voor die wonder daarvan.
Kansellasiebeleid: Matig
Meer as 1 maand voor die inkloktyd 100% van die deposito word terugbetaal
Meer as 1 week voor die inkloktyd 50% van die deposito word terugbetaal
Minder as 1 week voor die inkloktyd 0% van die deposito word terugbetaal

Gaste wat na God's Window gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 000 per nag (vir 8 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za