LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by God's Window | LekkeSlaap
+30

God's Window

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bon Vista-straat 221, Banner's Rest, Port Edward, 4320, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R600 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

God's Window is in KwaZulu-Natal en grens aan die Umtamvuna Natuurreservaat. Die energie, rus en vrede van dié pragtige reservaat, en die asemrowende uitsig oor die Umtamvuna-riviervallei, -monding en -strand, maak dit die ideale plek vir iemand wat wil ontspan en herstel.

Verblyf is beskikbaar in 'n hoofhuis of 'n woonstel. Die hoofhuis beskik oor 3 slaapkamers met slaapplek vir 6 gaste. Die eerste 2 slaapkamers het privaat balkonne en deel 'n badkamer en die hoofslaapkamer is op 'n aparte verdieping en het 'n en suite-badkamer en 'n pragtige uitsig. Buiteseisoen kan die hoofslaapkamer en die res van die huis, sonder toegang na die ander slaapkamers of verdieping, bespreek word vir 2 gaste. Daar is 'n privaat lapa met braaigeriewe en 'n wasgoedkamer met 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër.

Die woonstel het slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 'n dubbelbed, 'n badkamer, oopplan-kombuis en 'n onderdakstoep met 'n uitsig oor die wou.d Die woonstel kan saam met of apart van die hoofhuis bespreek word.

Daar is 'n gemeenskaplike swembad, sonbeddens en 'n gimnasium en saunas en 'n Jacuzzi kan teen 'n ekstra koste bespreek word. God’s Window bied 'n stil spasie om te reflekteer en jou gees, verstand en liggaam te herstel. Joga, Tai Chi, Thaise-refleksologie, energiegenesing, begeleide meditasies, 'n sauna, warmbad-spa, voetslaanroetes, kanovaart en bergfietsry is alles beskikbaar op die perseel.

Let asb. dat die Port Edward-area soms sonder water sit. Ons het 40 000 liter-tenke wat in sulke tye water voorsien.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gimnasium

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 1 resensie vir God's Window
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
3.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Bon Vista-straat 221, Banner's Rest, Port Edward, 4320, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R600
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R600
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bon Vista-straat 221, Banner's Rest, Port Edward, 4320, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDhlNjQzZjcxLTJiZTYtNGNhMC05MjQxLTE5MGQ4OWRhMzViYQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R600  per nag (vir 2 persone) 1 5 1 5 221 Bon Vista Street Banner's Rest 4320 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -31.0624993487 30.182912796736
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!