Langebaan Akkommodasie by Golfscape Langebaan | LekkeSlaap
+24

Golfscape Langebaan

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: De La Haye-rylaan 635 , Langebaan, Weskus, 7357, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 850 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Golfscape Langebaan is ’n dubbelverdiepinghuis op die Langebaan Landgoed. Die huis het ’n lieflike swembad, stoep en ingeboude braai.

Dié huis het slaapplek vir 6 en beskik oor 3 kamers, 3 badkamers en ’n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het ’n koningingrootte-bed, gaskaggel en ’n en suite-badkamer met ’n bad, stort, toilet en wasbak. Dié kamer het ook ’n TV en toegang tot die balkon. Die tweede kamer het 2 driekwartbeddens en ’n en suite-stort. Die derde kamer het ’n koningingrootte-bed en ’n en suite-badkamer met ’n bad, stort, toilet en wasbak..

Die kombuis is toegerus met ’n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Daar is ook ’n toonbank met stoele, skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Die eetarea het sitplek vir 8 en die sitarea het ’n gemaklike sitkamerstel en ’n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die landgoed bied geriewe aan die hele gesin. Daar is ’n vermaaksentrum met ’n TV-kamer, tafelspeletjies, soos tafeltennis en foosbal, ’n pool-tafel en lughokkie vir die kinders. Die kleingoed kan die springkasteel en kunssentrum geniet. Volwassenes kan verskillende gholf-soorte probeer en rolbalspeel. Die landgoed bied ook ’n volledige gimnasium en die Zest Gesondheids- en Skoonheidspa, wat ’n O-zone-bad, professionele masserings en verskeie skoonheidsbehandelings insluit.

Slaapplek

’n Bespreking by Golfscape Langebaan sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Ligging

  • De La Haye-rylaan 635 , Langebaan, Weskus, 7357, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 850
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 850
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: De La Haye-rylaan 635 , Langebaan, Weskus, 7357, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAed31e2dbda83ea1797a082df28542a7cd95bf9bf5f41e5e78a93c18e38d57bd45e32a1f30a0b9f56c054330ad9d76f8e4c26?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 850  per nag (plek vir 6) 635 De La Haye Drive Langebaan 7357 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -33.081177853928 18.058098138577
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za