Gordon's Beach Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Gordon's Beach Lodge is 'n gastehuis wat deur 'n gesin besit en bestuur word en dit bied persoonlike en professionele diens. Dit is oorkant die pad van veilige swemstrande geleë en is stapafstand van restaurante af. Die gastehuis het een van die mooiste uitsigte oor Valsbaai.

Daar is 6 pragtige en suite-kamers. Al die kamers is regtig mooi en kom standaard met koninggrootte-beddens wat ook opgemaak kan word as 2 enkelbeddens op versoek. Daar is volledige en suite-badkamers met ovaalbaddens en aparte instapstorte. Die "deluxe"-kamer het 2 ekstra enkelbeddens. Ander luukshede wat standaard kom saam met die kamers sluit in: 'n TV met 11 kanale, lugversorging, 'n yskassie met voorraad, 'n elektroniese kluis, tee- en koffiemaakgeriewe met tuisgebakte beskuit, elektriese komberse, strand- en badhanddoeke, 'n haardroër en bad- en stort-produkte.

Daar is ook 'n klein plonspoel op die perseel met asemrowende see-uitsigte van die kroeg-area af waar ons mengeldrankies bedien. Ons is net 'n paar minute se stap van die strand af, of ongeveer 5 minute se stap van die bekende Bikini Beach af. Al die beste restaurante is ook net 'n kort entjie se stap ver.

Nabygeleë besienswaardighede sluit in: Kaapstad Internasionale Lughawe (30 minute), Kaapstad en die Waterfront (45 minute), bekende Hermanus (45 minute). Daar is ten minste 8 uitstekende 18-putjie gholfbane slegs 20 minute se ry van ons af. Ons is ook net 'n halfuur van Stellenbosch se wynroetes af en daar is voetslaanpaaie, visvang- en fietsry-geleenthede beskikbaar in die dorp.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Kantoorgeriewe

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Gordon's Beach Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 600 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za