Gornum Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Gornum Guesthouse is in Waterkloof Ridge, Pretoria geleë en bied gehalteverblyf aan sakereisigers, gesinne en oornaggaste. Dis naby verskeie winkels, restaurante en ander geriewe.

Die gastehuis beskik oor 5 slaapkamers wat elk slaapplek vir 2 gaste het. Daar is 3 kamers wat elk 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak het. Daar is ook 1 kamer met 'n koningingrootte-bed en 1 met 'n dubbelbed. Hierdie kamers het ook elk 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak.

Elke kamer is smaakvol versier en het gehaltelinne. Die kamers het koffie- en teemaakgeriewe, 'n plafonwaaier, mikrogolf, yskassie en 'n TV teen die muur.

Gratis WiFi en veilige parkeerplek op die perseel is beskikbaar.

Die gastehuis is naby verskeie hospitale soos Groenkloof Life-, Kloof- en Unitas hospitale. Dit is ook naby die Brooklyn Mall en die Affies- en Waterkloof Hoërskole wat slegs 5 km weg is.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Fietsry
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Gornum Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za