Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Grace on Four

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 4 Bekker Straat, , Polokwane, 0787, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R650 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Grace on Four bied semi-selfsorgverblyf in Fauna Park, Polokwane. Die gastehuis is in 'n stil en rustige buurt geleë waar gaste kan ontspan en hul gate uit kan geniet. Die huis is naby verskeie winkels, restaurante, geriewe en dienste.

Gaste kan kies uit 5 kamers: 3 van die kamers is en suite. Alle kamers sluit 'n TV met 13 kanale en tee- en koffiemaakgeriewe in. Sekere van die kamers het 'n waaier of lugversorging. Haardroërs kan voorsien word op versoek. Daar is 2 aparte, gemeenskaplike leefareas waar gaste kan ontspan en 'n bietjie hul batterye kan herlaai.

Gedeelde selfsorg-geriewe is beskikbaar vir gaste wat self hul etes wil voorberei. Die geriewe sluit 'n volledig toegeruste kombuis en braaigeriewe in. Indien gaste dit so verkies, kan etes vooraf gereël word teen 'n ekstra koste. Stel asseblief die eienaar in kennis indien jy enige dieetvoorkeure het.

Die perseel het 'n lieflike tuin en speel-area waar gaste op warm somermiddae kan sit en ontspan of heerlik kuier om 'n braai op verfrissende wintersaande. Daar is ook konferensiegeriewe beskikbaar vir ten minste 20 mense. Veilige parkeerplek word voorsien.

Grace on Four is goed geleë ten opsigte van die nuwe Netcare Hospitaal, Savannah Mall, Spar, apteek, wassery, drankwinkel en die Pietersburg Siviele Lughawe.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Skuifie-projektor
  • Televisie
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 20 resensies vir Grace on Four
Netheid
4.9/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • 4 Bekker Straat, , Polokwane, 0787, Limpopo
  • Gaste dink Grace on Four het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R650
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R650
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 4 Bekker Straat, , Polokwane, 0787, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGI5ZjY4OGNiLTkxZDYtNDZhOC04Mjk3LTA3ZTNkYjExZTE3Yg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R650 per nag, vir 2 mense 20 5 1 5 4 Bekker Street Fauna Park 0787 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -23.911063991019 29.482746273279