Gracie's Cottage
Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 22 Jan 2024 tot 18 Mrt 2024.
- Kapasiteit: 2 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hillstraat 19, Clarens, 9707, Vrystaat
- Geen kinders onder 13
-
Vanaf
R1 100R733 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Gracie's Cottage is 'n smaakvol versierde selfsorgeenheid in die rustige dorp Clarens in die Oos-Vrystaat. Die dorp skuil aan die voet van die Horebberg en dis minder as 'n halfuur se ry vanaf die Golden Gate Nasionale Park.
Die kothuis bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 'n slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n spieëltafel. Die badkamer het 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat met 'n gasstoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die kombuis lei na 'n etenstafel met sitplek vir 2 en 'n knus sitarea met gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die leefarea en die slaapkamer lei elkeen na 'n onderdakstoep met 'n etenstafel en braaigeriewe waar gaste 'n skemerkelkie kan geniet terwyl hulle die uitsig oor die tuin aanskou. Die kothuis is naby verskeie winkels en restaurante.
Slaapplek
’n Bespreking by Gracie's Cottage sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Elektriese kombers
- Waaier
- Kaggel
- Klein kombuis
- Sitkamer
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Ligging
- Hillstraat 19, Clarens, 9707, Vrystaat
- Gaste dink Gracie's Cottage het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Clarens Drakensberge Vrystaat
- Kapasiteit: 2 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hillstraat 19, Clarens, 9707, Vrystaat
- Geen kinders onder 13