Granadilla-Villa

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Granadilla-Villa is 'n kamer wat verhuur word in 'n huis in 'n stil buurt in Somerset-Wes. Dit het 'n pypsteel-ingang en is dus nie reg langs die pad nie, wat die verblyf stil en veilig maak. Winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede is maklik bereikbaar.

Die eenheid het 2 enkelbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Die groot en suite-badkamer het 'n bad, stort, toilet en wasbak.

Daar is 'n kombuiswasbak, 'n mikrogolf, koffie- en teemaakgeriewe, 'n broodrooster en 'n yskassie om melk en wyn koel te hou.

Verder is daar veilige parkeerplek op die perseel en die eenheid het 'n privaat ingang.

Die kamer front na die tuin en swembad waartoe gaste toegang het. Klein kindertjies kan op 'n opblaasmatras op die vloer slaap. 'n Bababedjie is ook teen ekstra koste beskikbaar.

Slaapplek

'n Bespreking by Granadilla-Villa sluit in:

2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Kinderbedjie
1 x Kindermatras vir 1

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond

Geriewe

  •  Swembad
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Granadilla-Villa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R400 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za