Grande Bay Apartment

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Grande Bay Apartment bied gerieflike selfsorgverblyf in ’n smaakvol versierde tweeslaapkamer-woonstel in die Grande Bay-sekuriteitskompleks in Bloubergstrand. Dié lieflike woonstel bied ’n uitsig op Tafelberg en oor die Atlantiese Oseaan.

Die woonstel het 2 slaapkamers en ’n oopplan-kombuis, -sitarea en -eetarea. Die eerste slaapkamer het ’n koningingrootte-bed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Die kombuis is toegerus vir selfsorg met ’n yskas, oond, stoof, mikrogolfoond en ontbytkroeg. Die etenstafel het sitplek vir 4 en lei na ’n sitarea met ’n TV. Die sitarea lei na ’n balkon met buitemeubels waar gaste kan ontspan en die pragtige uitsig geniet. Die seebries waai heerlik deur die woonstel.

Gaste het toegang tot 2 ondergrondse parkeerplekke en die kompleks is stapafstand vanaf Eden on the Bay-winkelsentrum en die pragtige Big Bay-strand wat bekend is vir sy lang strand, ideale watersport-toestande en asemrowende sonsondergange.

Slaapplek

'n Bespreking by Grande Bay Apartment sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Grande Bay Apartment gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R999 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za