Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Grandview Guesthouse

Gastehuis
Langtermynverblyf-aanbod 15% af

Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tecoma-singel 28, Plattekloof 2, Kaapstad, 7500, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
  • Vanaf R800 R680 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Grandview Guesthouse is 'n privaat, semi-selfsorgwoonstel in Plattekloof wat ’n pragtige uitsig op Tafelberg, Leeukop en Seinheuwel bied. Die eenheid is sentraal geleë en bied maklike toegang tot die N1 en ander hoofroetes, wat dit die ideale verblyf vir vakansies, sakebedrywighede of hospitaalbesoeke maak.

Die eenheid is deel van 'n gesinswoning. Dit is op die boonste verdieping en het 'n privaat ingang tot 'n onafhanklike vleuel van die woning. Die netjiese eenheid het plek vir 2 gaste en beskik oor 'n slaapkamer met 'n dubbelbed, 2 badkamers en 'n leefarea met 'n kombuisie. Die eerste badkamer het slegs 'n toilet, en die tweede badkamer het 'n stort en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuisie is toegerus met 'n yskassie, ketel, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. 'n Bistrostel binne die leefarea bied ook gerieflike eet- of werkplek vir gaste. Koffie, tee, suiker en melk en word eenmalig met aankoms voorsien. Die eenheid het 'n platskerm-TV met Netflix en gratis Wi-Fi is beskikbaar. 'n Tweede kamer met 'n dubbelbed en see-uitsig is beskikbaar teen ekstra koste per nag vir gaste wat apart wil slaap.

Buite is 'n gemeenskaplike stoep met asemrowende berg- en see-uitsigte vir gaste se ontspanning. Veilige onderdakparkeerplek word agter 'n geslote hek voorsien. Die perseel is ook toegerus met geslotekringtelevisie.

Die gastehuis is sleg 15 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe, 10 km vanaf Tygervallei- en Canal Walk Winkelsentrums, 15 km vanaf Bloubergstrand, 25 km vanaf V&A Waterfront en 30 km vanaf Tafelberg se kabelkarretjie.

Panorama Medikliniek, - Harteenheid en – Onkologie sentrum is binne loopafstand. Louis Leipoldt-, Karl Bremmer-, Tygerberg- en die N1 Stad Hospitaal is ook binne 'n radius van 3 tot 5 km. Daar is baie restaurante, wegneemetes en kruidenierswinkels binne 'n radius van 3 km van die gastehuis af.

Die Durbanville-wynroete begin binne 3 km vanaf Grandview Guesthouse. Dit sluit in die historiese De Grendel-, Durbanville Hills-, Meerendal-, Diemersdal- en Canto Wynkelder.

Slaapplek

’n Bespreking by Grandview Guesthouse sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Meer oor dié eenheid

  • Nie rook

Dienste

  • Koordlose internet

Badkamer

  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Elektriese kombers
  • Waaier
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond

Ekstras

  • Kroegyskas
  • Mandjie met peuselhappies
  • Tee en koffie skinkbord

Vermaak

  • Tv

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 62 resensies vir Grandview Guesthouse
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Chantall Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 62

Jaar gelys 3

Ligging

  • Tecoma-singel 28, Plattekloof 2, Kaapstad, 7500, Wes-Kaap
  • Gaste dink Grandview Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R800
R800 R680
per nag (plek vir 2)
Vanaf R800
R800 R680
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tecoma-singel 28, Plattekloof 2, Kaapstad, 7500, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA52b106f0a271179f0024fb7161f21ec9925993a36077a8b6deb380f0646317c6b2bfb3992cad062761737544cd89aaf100f3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R800 nouVanaf R680 per nag (plek vir 2) 62 5 1 5 28 Tecoma Crescent Plattekloof 2 7500 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.8809117 18.5859964
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem