Grandview Guesthouse
Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 21 Jun 2022 tot 31 Aug 2022 gemaak.
- Kapasiteit: 2 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tecoma-singel 28, Plattekloof 2, Kaapstad, 7500, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 18
-
Vanaf
R700R630 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Grandview Guesthouse is 'n privaat, semi-selfsorgwoonstel in Plattekloof wat ’n pragtige uitsig op Tafelberg, Leeukop en Seinheuwel bied. Die eenheid is sentraal geleë en bied maklike toegang tot die N1 en ander hoofroetes, wat dit die ideale verblyf vir vakansies, sakebedrywighede of hospitaalbesoeke maak.
Die eenheid is deel van 'n gesinswoning. Dit is op die boonste verdieping en het 'n privaat ingang tot 'n onafhanklike vleuel van die woning. Die netjiese eenheid het plek vir 2 gaste en beskik oor 'n slaapkamer met 'n dubbelbed, 2 badkamers en 'n leefarea met 'n kombuisie. Die eerste badkamer het slegs 'n toilet, en die tweede badkamer het 'n stort en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuisie is toegerus met 'n yskassie, ketel, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. 'n Bistrostel binne die leefarea bied ook gerieflike eet- of werkplek vir gaste. Koffie, tee, suiker en melk en word eenmalig met aankoms voorsien. Die eenheid het 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale en gratis Wi-Fi is beskikbaar. 'n Tweede kamer met 'n dubbelbed en see-uitsig is beskikbaar teen ekstra koste per nag vir gaste wat apart wil slaap.
Buite is n gemeenskaplike stoep met asemrowende berg- en see-uitsigte vir gaste se ontspanning. Veilige onderdakparkeerplek word agter 'n geslote hek voorsien. Die perseel is ook toegerus met geslotekringtelevisie.
Die gastehuis is sleg 15 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe, 10 km vanaf Tygervallei- en Canal Walk Winkelsentrums, 15 km vanaf Bloubergstrand, 25 km vanaf V&A Waterfront en 30 km vanaf Tafelberg se kabelkarretjie.
Panorama Medikliniek, - Harteenheid en – Onkologie sentrum is binne loopafstand. Louis Leipoldt-, Karl Bremmer-, Tygerberg- en die N1 Stad Hospitaal is ook binne 'n radius van 3 tot 5 km. Daar is baie restaurante, wegneemetes en kruidenierswinkels binne 'n radius van 3 km van die gastehuis af.
Die Durbanville-wynroete begin binne 3 km vanaf Grandview Guesthouse. Dit sluit in die historiese De Grendel-, Durbanville Hills-, Meerendal-, Diemersdal- en Canto Wynkelder.
Slaapplek
’n Bespreking by Grandview Guesthouse sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Tecoma-singel 28, Plattekloof 2, Kaapstad, 7500, Wes-Kaap
- Gaste dink Grandview Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Plattekloof Noordelike Voorstede Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tecoma-singel 28, Plattekloof 2, Kaapstad, 7500, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 18