Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Gratedean Barton Villas

Selfsorg
Spesiale Aanbod 33% af

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2. Geldig vir verblyf vanaf 16 Apr 2024 tot 31 Mei 2024.

  • Kapasiteit: 30 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Barton Vineyards and Villas, R43 Hermanusweg, Botriver, 7185, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R4 125 R2 750 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Gratedean Barton Villas bied 5 selfsorg-villas met 'n Toskaanse styl naby Botrivier in die hartjie van die Kogelberg Nasionale Park. Die plaas is 'n uur se ry van Kaapstad Internasionale Lughawe en 20 minute se ry van Hermanus af.

Elke villa het 'n ruim oopplan-kombuis, -eetarea en -sitrarea. Daar is gratis internet in die eenhede. Elke villa het sy eie Jacuzzi of 'n eko-vriendelike houtvuur-warmbad, braaigeriewe en 'n privaat swembad met 'n pragtige uitsig oor die vallei en die Kogelberg Natuurreservaat.

Daar is meer as 28 hektaar se wingerd in die suidelike voorheuwels van die Kogelberg, 760 m bo seevlak wat deur die koel briese vanaf Walkerbaai gelawe word. Die wingerd produseer Chenin Blanc, Semillon, Shiraz, Merlot, Cabernet Sauvignon, Pinot Noir, Mourvèdre en Malbec. Die meeste van Barton se wyn word na die Verenigde Koninkryk uitgevoer, maar 'n klein hoeveelheid word gehou vir verkope in Suid-Afrika en is in restaurante in die omtrek beskikbaar, asook by die proelokaal.

Barton se olyfboorde bied 'n uitsig oor Walkerbaai en skuil ook teen Kogelberg. Die olywe word met die hand gepluk wanneer hulle hul optimale rypheid bereik het en word op dieselfde dag nog koud gepars om 'n topgehalte-olie met 'n lae asiditeitsvlak te produseer. Barton's olyfolie is 'n mengsel van Frantoia-, Lechino-, Coratina- en Mission-olywe wat 'n olie met die aroma van varsgesnyde gras, 'n vrugte-smaak in die mond en 'n skeut peper as nasmaak beteken.

Barton se heuning word geproduseer van byekorwe wat tussen die Kogelberg Eko-park se fynbos langs Barton se laventelvelde staan. Die heuning se smaak en aroma weerspieël die bye se habitat.

Die villas bied 'n uitsig op die omliggende berge, Barton se wingerde, olyfboorde en die laventelvelde in Walkerbaai se rigting. Die villas bied die ideale basis om die omliggende area te verken.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Wynkelder
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Barton Vineyards and Villas, R43 Hermanusweg, Botriver, 7185, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R4 125
R4 125 R2 750
per nag (plek vir 6)
Vanaf R4 125
R4 125 R2 750
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 30 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Barton Vineyards and Villas, R43 Hermanusweg, Botriver, 7185, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe05a8a01fd99e451a834e8dac41bef8dc6ca4eb90c759a2b95ba7cbc07f28f84c1c077512c054ed1e8b5bf75d2b91c4432ac?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R4 125 nouVanaf R2 750 per nag (plek vir 6) Barton Vineyards and Villas R43 Hermanus Road 7185 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.261894009282 19.174624083159
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem