Green Door Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

In die hartjie van De Aar sal jy hierdie indrukwekkende gastehuis met sy stylvolle boetiek en Bistro aantref. De Aar is 'n dorpie met 'n ryk geskiedenis en kultuur. Die dorp is een van die belangrikste plekke in die Noord-Kaap met baie diversiteit en natuurlike prag.

Gaste by ons gastehuis sal tuisgaan in ruim, luukse kamers. Ons beaam om jou verblyf so gerieflik en genotvol as moontlik te maak. Hierdie luukse gastehuis is sentraal geleë en lewer diens met 'n glimlag! Die smaakvolle kuns, goeie gehalte beddens, die beskikbaarheid van DStv in die kamers en talle ander keuses is in plek gestel om jou verblyf so gemaklik en lekker as moontlik te maak.

Ons vriendelike personeel is uiters professioneel en toegewyd aan ons gaste se welstand. Die smaakvolle dekor en kuns skep 'n aangename atmosfeer wat jou sal toelaat om te ontspan terwyl jy 'n heerlike koppie koffie in ons bistro geniet. Ons koffiewinkel is die ideale plek om weg te breek van die daaglikse stres waarmee 'n mens in die stad te doen kry. Kom ontspan saam met vriende en smul aan 'n heerlike ete. As jy klaar iets genuttig het in die restaurant kan jy 'n draai maak in die boetiek en kyk na al die produkte wat ons daar beskikbaar het. Dit maak nie saak of jy 'n rok vir 'n spesiale geleentheid nodig het, of sommer net 'n snoesige trui vir die winter nie, ons het net wat jy nodig het hier in De Aar. Met ons in die omte hoef jy nie al die pad Bloemfontein of Kimberley toe te ry om iets te kry om te dra nie!

So, volgende keer as jy in De Aar kom, hou ons gerus in gedagte - ons sal jou verblyf onvergeetlik maak!

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Restaurant op Perseel
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Green Door Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za