Green Pastures

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Green Pastures B&B bied uitsigte oor die Kingswood Gholflandgoed en die majestueuse Outeniekwaberge. Dit is in 'n stil woonbuurt geleë en het 6 kamers met volvloermatte en en suite-badkamers. Elke kamer beskik ook oor DStv, tee- en koffiemaakgeriewe en lugversorging. Al die kamer het hul eie ingange wat oopmaak op die lieflike, prentjiemooi binnehof.

Green Pastures is waarlik 'n plek van gemak en rus. Dit is semi-selfsorg en het braaigeriewe wat gaste welkom is om te gebruik. Ons voorsien veilige parkeerplek op die perseel, aan die agterkant van die huis en dit is na aan die kamers. Die kamers word daagliks skoongemaak en brosjures met inligting oor die omgewing is beskikbaar.

Ons reël graag huurmotors vir gaste wat graag die omliggende gebied wil verken. George is goed bekend as die hartjie en spilpunt van al die vernaamste toeriste-besienswaardighede in en om die Tuinroete. George is definitief 'n goeie plek om as basis te gebruik indien jy al die groot gholfbane en toeriste-juweeltjies van die Tuinroete wil verken. Oudtshoorn, Knysna en Mosselbaai is ook alles net 30 tot 40 minute se ry ver.

Kenmerke

  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Green Pastures gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za