Afribode Green Point Gem

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 10 % af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 2 Mei 2019 tot 31 Jul 2019.

Beskrywing

Afribode Green Point Gem is 'n selfsorgwoonstel op Aspley Court se vierde verdieping in Groenpunt en dis ideaal as jy Kaapstad wil verken.

Dié woonstel het slaapplek vir 4 en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede kamer het 'n dubbelbed en die tweede badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Linne, handdoeke en toiletware word voorsien.

Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, koffiemasjien, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n wasmasjien. Die eetarea het sitplek vir 4 en die sitarea het 'n L-vormige rusbank en 'n platskerm-TV teen die muur met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die sitarea het stapeldeure wat lei na die balkon met 'n uitsig oor die Atlantiese Oseaan en Seepunt-promenade wat net 500 m ver is. Die woonstel het 1 aangewese parkeerplek op die perseel.

Slaapplek

'n Bespreking by Afribode Green Point Gem sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Afribode Green Point Gem gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 550 R1 395 per nag (vir 4 mense)

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 2 Mei 2019 tot 31 Jul 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]