Piesangvallei Akkommodasie by Green Point Mews 6 | LekkeSlaap
+15

Green Point Mews 6

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Groenpunt-laan, Green Point Mews-kompleks, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 370 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Green Point Mews 6 is 'n ruim, netjiese selfsorgwoonstel op die grondvloer van die veilige Green Point Mews-kompleks wat 1,2 km vanaf die hoofstrand en Robbergstrand geleë is. Dis ook net 525 m vanaf die Beacon Isle-winkelsentrum.

Dié woonstel is gerieflik, goed toegerus en bied verblyf aan 6 gaste. Daar is 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n toilet. Dié kamer bied toegang tot 'n patio agter. Die tweede en derde slaapkamers het elkeen 2 driekwartbeddens en deel 'n badkamer wat 'n bad, 'n stort en 'n toilet het.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n oond, 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, kleiner toebehore, eetgerei en breekware in. Die eetarea het 'n eetkamertafel met 8 stoele en die sitkamer het 'n waaier en 'n platskerm-TV. 'n Gasbraaier is beskikbaar.

Die Green Point Mews-kompleks beskik oor 'n gemeenskaplike swembad wat omhein is en 'n tuin wat goed in stand gehou word. Onderdak-parkeerplek is vir 1 voertuig beskikbaar.

Slaapplek

’n Bespreking by Green Point Mews 6 sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Green Point Mews 6
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Groenpunt-laan, Green Point Mews-kompleks, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Gaste dink Green Point Mews 6 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 370
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 370
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Groenpunt-laan, Green Point Mews-kompleks, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGE2MThlZWZkLTUxNjctNDZkYi1hOGJkLTdjMTMyNzJlMjlkZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 370  per nag (plek vir 6) 1 5 1 5 Green Point Avenue Green Point Mews Complex 6600 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-23:00 09:00 -34.062739869041 23.367803504299
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za