LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by GreenHouse Accommodation | LekkeSlaap
+36

GreenHouse Accommodation

15 resensies
Gastehuis

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 15 resensies vir GreenHouse Accommodation
Netheid
5.0/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.9/5
San-mari G - Okt 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
5/5
San-mari G
Saam met eggenoot / lewensmaat

Versteekte juweel in Tulbagh.

Ongelooflike ervaring by GreenHouse gehad. Camila en Ivan was ongelooflik behulpsaam en het self ingestem dat ons vroeër inklok oor ons wou klaar maak vir n troue op die dorp. Die 'eco look' van die die kamer en die res van B&B is modern en baie mooi. Ons het in die gesinskamer gebly. Die kamer is goed toegerus met al die nodige items soos 'n klein kombuis. Groot plus was die braaigeriewe vir elke kamer. Ons is spyt ons het nie tyd gehad om dit te gebruik nie! Sal GreenHouse beslis aanbeveel.

Marius B - Sep 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marius B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Een van die beste belewinisse nog!

Baie funksioneel, omgewingsvriendelik, baie skoon, aandag aan fyn detail en esteties baie mooi. Baie vriendelike en professionele diens. Sal op geen ander plek in Tulbagh wil bly nie. Hoogs aanbeveelbaar.

Hester M - Sep 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Hester M
Saam met eggenoot / lewensmaat

Excellent!

Will definitely book again. Great stay. Clean room and bedding. Camilla goes out of her way to let you feel welcome! Highly recommended and good price!

Hendrik B - Aug 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Hendrik B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Netjies en baie prakties.

Dit was baie aangenaam en sal definitief weer daar gaan bly.

Lisbe L - Apr 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Lisbe L
Saam met vriende

Alles wat mens nodig het.

Ons was klomp vriende wat oorgebly het een aand vir 'n troue en kan sterk aanbeveel. Ons kon lekker voor die tyd braai en rugby kyk in die communal area en Camilla het ons vriendelik ontvang en ons baie tuis maak voel die volgende oggend met 'n baie smaaklike ontbyt! Alles was baie skoon, netjiese beddegoed en verblyf! Regtig waarde vir geld.

Anina C - Apr 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Anina C
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie netjies en gerieflik, lekker verskeidenheid vir ontbyt!

Die plek het karakter. Lekker stil, net buite die dorp. Die kamers en leefareas is baie netjies en skoon. Daar is lekker stoepe met hammocks en 'n braaiplek. Die kamers is goed toegerus met waaiers, verwarmers en badkamernoodsaaklikhede. Daar is omheinde parkeerplek vir karre. Die diens is baie flink en vriendelik. Geen bankkaartfasiliteite by die gastehuis nie.

Kobus B - Mrt 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Kobus B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Modern en vars.

Lekker plekkie wat netjies en skoon is.

Reinhardt V - Mrt 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Reinhardt V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Uitstekende gaste verblyf vir jou troue in Tulbagh!

Bekostigbare verblyf in Tulbagh slegs 5 minute se ry van die dorpskern, maar wel uit die gedruis van die hoofstraat. Daar heers 'n kalm atmosfeer by die hostel. Die kamers (ongeveer 5 in totaal) is baie netjies en skoon. Groot algemene sitkamer, swembad, en braai-area vir al die gaste om te deel. Veilige parkering agter 'n hek vir jou motor. Die eienaar (Camilia) is vreeslik gaaf, professioneel en behulpsaam. Met ons bespreking het sy vir ons al die inligting wat ons moontlik mag nodig hê (GPS aanwysings, WiFi password, tye, ens) per WhatsApp gestuur. Sy het selfs vir ons die vergunning gemaak om vroeër in te boek aangesien ons 'n troue aangehad het op die dag. Smaaklike ontbyt die oggend ingesluit. Sal verseker weer GreenHouse besoek!

Adel S - Mrt 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Adel S
Saam met vriende

Verwagtinge oortref. Netjies, gasvry, ontspannend.

Ons het eenvoudig die goedkoopste beskikbare plek vir 6 mense in Tulbagh gesoek en ons het die lekkerste verrassing gekry by Greenhouse. Dis tipies wat jy sal kry by 'n goeie Europese backpackers. Die ontspanareas laat jou dadelik op jou gemak voel, daar is 'n groot kombuis en 'n yskas spesiaal vir gaste. Die televisie en rusbanke is lekker gemaklik en reg rondom die buite stoep is hangmatte, en kuierplek. Die tuin is baie mooi versorg en daar is selfs sonstoele en 'n swembad om te geniet. Ons het in die 7-bed kamer geslaap. Dis tipies wat mens by 'n backpackers kry. Elke bed het 'n klein afskorting vir privaatheid en sy eie rak, waaiertjie, bedlampie en pakplek. Die gedeelde badkamer is baie mooi netjies met twee wasbakke, twee storte, twee spieëls en 'n toilet. Die ontbyt was perfek. Eenvoudig, help-jouself, maar daar was baie vrugte, jogurt, roosterbrood, pap, smeere, en selfs roereier. Die filter koffie was die kersie op die koek. Ons sal enige tyd weer hier kom bly. Dit voel werklik asof jy op 'n Europese avontuur is!

Ilze K - Nov 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ilze K
Saam met eggenoot / lewensmaat

'n Baie aangename ervaring!

Netjies, skoon en als wat ‘n mens nodig het vir ‘n lekker naweek in Tulbagh. Vriendelike, hulpvaardige diens en ontbyt ingesluit. Sal vir seker die Greenhouse aanbeveel!

Annette S - Okt 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Annette S
Gesin met tieners

Sulke gasvryheid en kreatiewe dekor. Ons kom beslis terug!

Sien sterre.

Ina F - Aug 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ina F
Gesin met tieners

Baie aangenaam.

Uiters vriendelike, warm en gasvrye ontvangs gekry. Kamer baie skoon en netjies. Dit was ’n groot plesier om daar tuis te kon gaan, en met die smaaklike ontbyt is dit vir seker waarde vir geld!

Jaunmari M - Aug 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jaunmari M
Saam met vriende

Dit was wonderlik en pragtig.

Akkommodasie was wonderlik en baie goeie diens.

Suzette C - Aug 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Suzette C
Saam met vriende

Gerieflik en baie sentraal geleë.

Lekker oorgebly. Die eienaars baie gaaf en vriendelik. Kan dit aanbeveel.

Janelle H - Jul 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Janelle H
Saam met eggenoot / lewensmaat

Vinnige stop in Tulbagh was perfek by Greenhouse.

Baie dankie vir die wonderlike ontvangs by Greenhouse. Ons was nog voor ons aankoms welkom laat voel deur 'n oulike boodskap. Die leefarea is wonderlik vir lekker saamkuier en mens voel dadelik tuis om die hele akkommodasie te gebruik. Die kamer was pragtig en lekker warm (veral vir winter in Tulbagh). Ons het dit vreeslik geniet en sal Greenhouse definitief aanbeveel vir enigiemand!

Vanaf R450
per nag (plek vir 2)
Vanaf R450
per nag (plek vir 2)
Vanaf R450
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Connaughtstraat 14, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA401730362b3e912dbf8ed83438b1f61192596c0f9d8b0b69127f71d6acfe8c343bb9679cf82b45cec112b19ab376fcb9448a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R450  per nag (plek vir 2) 15 5 1 5 14 Connaught Road Tulbagh 6820 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-22:00 11:00 -33.278448 19.142187
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!