Kaapstad Middestad Akkommodasie by Greenmarket Place 507 | LekkeSlaap
+30
+30

Greenmarket Place 507

1 resensie
Selfsorg
  • Vanaf R1 900 per nag (vir 8 persone)
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Shortmarketstraat 54 (op die hoek van Langstraat), Greenmarket Place, Kaapstad , 8001, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Greenmarket Place 507 is 'n selfsorgwoonstel met 2 slaapkamers in die middel van die moderne Kaapse middestad. Hierdie woonstelblok het 6 verdiepings en is op die bekende, bedrywige en geskiedkundige Groentemarkplein geleë. Dit kyk oor die vlooimark uit en het 'n manjifieke, direkte uitsig op Tafelberg.

Hierdie woonstel beskik oor 2 slaapkamers met 'n koningingrootte-bed in die hoofslaapkamer en 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer. Die oopplan-leefarea het 2 dubbelslaapbanke. Die eenheid het 2 badkamers met 'n bad en stort. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas en mikrogolfoond. Daar is 'n glasbladtafel met sitplek vir 5 gaste en 'n TV met DStv (Hotelpakket). Gratis WiFi is ook beskikbaar. Skuifdeure in die leefarea lei na 'n balkon met beeldskone uitsigte oor die stad. Die woonstel het 1 onderdakparkeerplek.

Die woonstelblok spog met uitstekende 24 uur-sekuriteit en 'n 24 uur-portierdiens, geslotekringtelevisie, video-interkom vir besoekers, gimnasium, hysbakke en 'n ongelooflike dakswembad met 'n direkte uitsig op Tafelberg en oor die hele stad.

Let asb. daarop dat Greenmarket Place nie 'n ontvangsarea het nie. Gaste kan hul sleutels by die volgende adres afhaal: Die Centurion Hotel op die hoek van Hoof- en Frere-weg in Seepunt, Kaapstad. Dit is ongeveer 10 minute se ry weg.

Let asb. op: Gaste wat na 20:00 op die inklokdag opdaag betaal 'n laat-inklokfooi van R300.

Slaapplek

’n Bespreking by Greenmarket Place 507 sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelslaapbank
Slaapkamer 3
Plek vir 4 persone
2 xDubbelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Portier
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Nagportier
  • Selfsorg
  • Gimnasium
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Grieks

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 1 resensie vir Greenmarket Place 507
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
3.0/5
Veiligheid
3.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Shortmarketstraat 54 (op die hoek van Langstraat), Greenmarket Place, Kaapstad , 8001, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 900
per nag (vir 8 persone)
Vanaf R1 900
per nag (vir 8 persone)
Vanaf R1 900
per nag (vir 8 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Shortmarketstraat 54 (op die hoek van Langstraat), Greenmarket Place, Kaapstad , 8001, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDY1MDJlYzYyLTU0ZjYtNDAxYS1iNGM5LWNlOTVjNmRmM2U3Ng?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 900  per nag (vir 8 persone) 1 5 1 5 54 Shortmarket Street (corner With Long Street) Greenmarket Place 8001 Wes-Kaap 086 999 0018 16:00-00:00 10:00 -33.92217848998 18.420105278492
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za