Greens Close 2-bedroom Apartment

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Greens Close 2-bedroom Apartment is 'n gemeubileerde selfsorgwoonstel op die grondvloer van die The Greens-kompleks in Parow langs die Parow Gholfklub en naby die fantastiese N1 City Winkelsentrum. Die woonstel is deel van die Tyger Classique-portefeulje van gemeubileerde selfsorgwoonstelle. The Greens-kompleks is 6,1 km vanaf Canal Walk en is naby die N1 City Hospitaal en Goodwood Verkeersdepartement. Dit het 'n gerieflike ligging net 16 km van Kaapstad af en dit is 14 minute se ry van die naaste strand af.

Die woonstel is met warm, neutrale skakerings versier en die slaapkamers self is pragtig gemeubileer en met kreatiewe kuns en afwerkings versier wat 'n luukse, moderne voorkoms skep.

Die woonstel het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n enkelbed. Die badkamer het 'n instapstort, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met toebehore, eetgerei en breekware en die leefarea het 'n platskerm-TV met satelliet-kanale.

Die kompleks het gemeenskaplike tennisbane, 'n swembad en 'n wasmasjien wat met munte werk. 'n Parkeerplek is beskikbaar.

Slaapplek

'n Bespreking by Greens Close 2-bedroom Apartment sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 1 kind
1 x Kindermatras vir 1

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Greens Close 2-bedroom Apartment gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R594 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za