Greenways Golf Beach M5

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Greenways Golf Beach M5 is 'n selfsorgwoonstel in Greenways Gholflandgoed in die Strand. Die gholflandgoed is tussen Strand en Gordonsbaai geleë, net 45 km oos van Kaapstad en 20 minute van Kaapstad Internasionale Lughawe af.

Die woonstel is op die eerste verdieping en het 2 slaapkamers, 1 badkamer en slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders jonger as 12 jaar in 'n gemeenskaplike leefarea (teen 'n ekstra daaglikse koste per kind). Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n slaapbank in die leefkamer, wat slegs geskik is vir kinders jonger as 12 jaar. Die badkamer beskik oor 'n bad en stort en ons voorsien linne en handdoeke.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas en mikrogolfoond. Die oopplan-leefarea het gemaklike sitplek, 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n DVD-speler. Gratis WiFi is ook beskikbaar. Die leefarea het skuifdeure wat lei na 'n knus sonkamer met skuifvensters wat lekker varslug inlaat. 'n Toesluitmotorhuis is naby die woonstel vir veilige parkeerplek.

Die landgoed is reg teen die see en bied uitstekende uitsigte oor Valsbaai en die omliggende gebied. Die 9 putjie-gholfbaan dra by tot die parkagtige atmosfeer wat hier heers, met geteerde wandelpaadjies wat regdeur die kompleks kronkel. 'n Verskeidenheid voëls is ook hier te vinde en tarentale, kolganse en al hul kleintjies wandel ook hier rond. Die landgoed bied verskeie toegangspunte tot die strand sodat gaste direk soontoe kan stap en daar is ook sportgeriewe aan gaste beskikbaar insluitend tennisbane, 'n swembad en jukskeibaan.

Slaapplek

'n Bespreking by Greenways Golf Beach M5 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Diens op aanvraag
  •  Koordlose Internet

Ekstras

  •  Kroegyskas

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Greenways Golf Beach M5 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za