Greg House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Greg House is 'n lieflike selfsorghuis in die sekuriteitskompleks Atlantic Beach Gholflandgoed in Melkbosstrand. Ons is net 17 minute se ry vanaf Kaapstad se middestad en stapafstand vanaf Melkbos-waterfront, restaurante en winkelsentrums.

Atlantic Beach Gholflandgoed het 'n 18 putjie-gholfbaan en 'n klubhuis met 'n swembad, tennisbane, braaigeriewe, 'n gimnasium, 2 restaurante en 'n kroeg. Die landgoed word beveilig met 'n hoë heining en beheerde toegang en word 24 uur per dag gepatrolleer.

Greg House is in 'n rustige, stil deel van die landgoed geleë. Die huis het slaapplek vir 7 gaste en bestaan uit 4 slaapkamers, 3 badkamers, 'n kombuis, eetkamer en sitkamer. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n TV, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde en vierde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Daar is 3 badkamers binne waarvan die 1 'n ruim dubbelstort het. Daar is ook 'n buitestort. 3 van die slaapkamers het hul eie patio's.

Die kombuis is volledig vir selfsorg toegerus met 'n skottelgoedwasser en wasmasjien. Die eetkamer het 'n etenstafel met 8 stoele. Die ruim sitkamer het 'n kaggel en 'n groot platskerm-TV met DStv.

Greg House het ook 'n ruim onderdak-patio met buitemeubels en braaigeriewe. 'n Sauna en Jacuzzi is ook beskikbaar. Parkeerplek is beskikbaar in 2 motorhuise en 'n parkeerarea buite. Daar is 2 fietse en 'n vlieërbranderplank wat gehuur kan word.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Jacuzzi
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gimnasium

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Kaggel
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Greg House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 000 per nag (plek vir 7)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za