Greystone Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Greystone Cottage is 'n rietdak kleihuis uit die 19de eeu en spog met berg uitsigte. Dié huis het 'n groot tuin wat baie geskik is vir kinders of honde. Daar is 2 slaapkamers wat gerieflik gemeubileer is vir 4 gaste. Daar is ook 'n slaapbank in die sitkamer gedeelte. In die tuin is daar braai fasiliteite, tuinbanke, 'n lapa, 'n swaaibank en 'n grasperk.

Die badkamer het 'n bad, stort en 'n toilet. Die eetkamergedeelte het 'n etenstafel en stoele.

Die kombuisie is toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, 'n gasstoof en koffie- en teemaakgeriewe, breekgoed, eetgerei en kookgeriewe.

Parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

McGregor staan bekend as die dorp waarin tyd stil gaan staan het en bied verskeie wynlandgoedere, fietsry- en voetslaanroetes en 'n hele rits besienswaardighede.

Greystone is naby Edna Fourie Gallery, 700 m van die pragtige NG Kerk gebou, 1,1 km vanaf Millstone Pottery, en omtrent 900 m vanaf Temenos. Vrolijkheid Natuur Reservaat is 6 km vanaf die kothuis.

Slaapplek

'n Bespreking by Greystone Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Greystone Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 300 per nag (vir 5 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za