Griet se Plek
Bly 6 nagte en betaal slegs vir 5. Geldig vir verblyf vanaf 3 Mei 2022 tot 22 Sep 2022 gemaak.
-
Voorkeurvennoot
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Hillcrest-laan 6, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R550R458 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
Griet se Plek is 'n bekoorlike vakansiehuis wat verblyf bied in 2 selfsorgwoonstelle. Dit is slegs 5 minute se ry van die strand af geleë en het lekker staproetes langs die see.
Gaste kan kies of hulle op die eerste of onderste verdieping wil bly. Elke woonstel het 2 slaapkamers wat ingerig is met 'n koninggrootte-bed in die een slaapkamer en 2 enkelbeddens in die ander een. Linne en handdoeke word voorsien.
Daar is 'n kombuis in albei woonstelle wat volledig toegerus is vir selfsorg met 'n stoof, oond en 'n yskas en gaste kan ontspan in die sitkamer voor die TV. DStv Easy View-kanale is beskikbaar, maar gaste moet asseblief hul eie dekodeerder en slimkaart saambring sou hulle dit verkies.
Albei leef-areas bied toegang tot 'n patio met braaigeriewe en 'n lieflike see-uitsig. Veilige parkeerplek word voorsien.
Griet se Plek is 'n kort entjie se ry van 'n verskeidenheid besienswaardighede en doendinge. Gaste kan visvang by die gewilde Orange Rocks, sowat 300 meter van die woonstelle af, of 'n potjie gholf geniet, skubaduik, diepsee-hengel, op Uvongo of St. Micael's-strand ontspan, asook verskeie restaurante, filmteaters en winkelsentrums besoek.
Griet se Plek is ook naby vele besienswaardighede, soos Oribi Gorge, Lake Eland, Waffle House, Mac Banana, waar die Skoenlapper Dome is en diere om kinders te vermaak. Ander doendinge sluit piesangplaastoere by Riverbend Plaas, die krokodil- en reptielplaas, diepsee-visvang en watersport by St Michaels Ski bootklub, koffieplaastoere by Beavers Creek by Port Edward, ongeveer 12 gholfbane, velddraf vanaf St Michael-strand elke Saterdag, Kwaqolo Grotte en veel meer om te verken.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Hillcrest-laan 6, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Griet se Plek het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in St Michael's-on-Sea Margate Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Hillcrest-laan 6, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom