Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Grootfontein Nature Reserve

Wildsplaas
  • Kapasiteit: 120 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Grootfontein Privaat Natuurreservaat, Makoppa-pad, Thabazimbi, 0380, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R900 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Grootfontein Natuurreservaat is 'n bosveld-plaas van 1200 hektaar, 3 ure van Gauteng af in die pragtige Limpopo-provinsie, naby Thabazimbi, 'n eko-toerisme dorpie. Dié bedrywige familieplaas verwelkom alle buitelug-liefhebbers.

Die reservaat bied rustieke akkommodasie in 4 lodges en 3 kampeerterreine wat almal uniek is. Aangesien dit 'n eko-lodge is, is daar geen elektrisiteit nie. Gaste kan warm storte geniet aangesien die water met paraffien verhit word. Die yskaste werk met gas en die ligte word deur die son aangedryf.

As jy smag na rustigheid en ongereptheid, sal jy dit hier vind. Meer as 150 voëlspesies, 160 boomspesies, en 'n wonderlike verskeidenheid diere soos sebras, kameelperde, koedoes, rooibokke, waterbokke, bosbokke, blouwildebeeste, njalas, vlakvarke en luiperds kom in hierdie ongerepte bosveld-landskap voor. Aangesien die Groot 5 nie op die plaas voorkom nie, kan gaste gerus die omgewing te voet verken. Die plaas is ook net 'n uur se ry van Pilanesberg en Marekele Nasionale Parke af waar gaste wel die Groot 5 sal kan gewaar.

Buiten wildkyk bied ons ook geleenthede vir voetslaan, voëlkyk, 4x4-roetes, bergfietsry en tema-naweke vir bergfietsryers, fotograwe en kunsliefhebbers. Ons waarborg jou dat jy met goeie herinneringe hier sal vertrek en dat jou kuiertjie hier by ons onvergeetlik sal wees.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 22 resensies vir Grootfontein Nature Reserve
Netheid
4.0/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.2/5
Waarde vir geld
4.0/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.2/5

Jan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 22

Jaar gelys 10

Ligging

  • Grootfontein Privaat Natuurreservaat, Makoppa-pad, Thabazimbi, 0380, Limpopo
  • Gaste dink Grootfontein Nature Reserve het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Waterberg Limpopo
Vanaf
Vanaf R900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R900
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 120 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Grootfontein Privaat Natuurreservaat, Makoppa-pad, Thabazimbi, 0380, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc84b789bef6021d284e3c66598942e7ee6e51462f33be0b3b8b3c692772c3e69d84d1a14436ea3864a7500e3ab6009150af2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag, vir 2 mense 22 5 1 5 Grootfontein Private Nature Reserve Makoppa Road 0380 Limpopo 021 201 8901 14:00-18:00 11:00 -24.668877835356 27.280023694038
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem