Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Grootwaterval Farm Accommodation

  • Kapasiteit: 31 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Grootwaterval Plaas, Prince Albert, 6930, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R200 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Grootwaterval is in die middel van die Karoo aan die voorheuwels van die Swartbergpas geleë, sowat 45 km van Prince Albert af. Die Grootwaterval plaasavontuur begin waar die teerpad eindig en die grondpad begin.

Die plaas bied gehalte verblyf vir 'n ontspanne wegbreek en is ideaal vir 'n gesin of groep vriende.

Verblyf word aangebied in 2 selfsorg-kothuise en 'n ruim lodge vir groter groepe.

Die Gemsbok Kothuis het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers waarvan 1 'n dubbelbed het en die ander een 2 enkelbeddens. Elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is 'n rusbank met 'n uittrekbed in die leefarea, sowel as 'n ten volle toegeruste oopplan-kombuis.

Daar is onderdakparkeerplek langs die huis. Vir die helder sterre aande van die Karoo bied Gemsbok kothuis 'n 'hot tub' waarvan gaste gebruik kan maak teen ekstra koste, mits dit vooraf gereël word.

Die Ribbok Kothuis het slaapplek vir 5 gaste en beskik oor 'n oopplan-kombuis met 'n ou stoof, 'n klein sitkamer met 'n slaapbank, 2 slaapkamers waarvan 1 'n dubbelbed het en die ander een 2 enkelbeddens. Elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak.

Op die stoep is daar braaigeriewe waar gaste onder die skadu van die ou akasia-bome kan kuier.

Beide kothuise het geen elektrisiteit nie, en is toegerus met sonpanele, slegs vir die ligte, en 'n yskas. Verder is daar 'n gasstoof, geysers en olielampe vir romantiese aande.

Die lodge is perfek vir 'n groep vriende of familie. Die ruim huis, wat 7 km van die plaashuis af is, het geen elektrisiteit nie en maak gebruik van olielampe vir lig.

In die hoofgebou is daar 'n oop-kombuis met alles wat gaste nodig sal hê, insluitend 'n yskas-vrieskas, gasstoof. Gaste kan lekker voor die knus kaggel ontspan in die winter.

Daar is 4 slaapkamers wat slaapplek bied vir 8 gaste in totaal. Twee van die slaapkamers het dubbelbeddens en twee het 2 enkelbeddens. Al die kamers het en suite-badkamers. Elke kamer kan via die stoep bereik word. Daar is vuurmaakplek en gaste kan lekker hiér ontspan.

Kom geniet die plaaslewe en pragtige Karoo-landskappe, 'n sterbelaaide hemelruim en skoon lug. Gaste kan in die daaglikse roetine van die plaas deelneem of dit te voet of met 'n bergfiets verken.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 32 resensies vir Grootwaterval Farm Accommodation
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.9/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Ismari Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 32

Jaar gelys 6

Ligging

  • Grootwaterval Plaas, Prince Albert, 6930, Wes-Kaap
  • Gaste dink Grootwaterval Farm Accommodation het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Groot-Karoo Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R200
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 31 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Grootwaterval Plaas, Prince Albert, 6930, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA138ef009225f553321f93e9b86f47bd00abe4d524c880b235b4bb432491875df213fdc9c60db55e79525d62b3e5c3bf08692?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R200 per nag, vir 2 mense 32 5 1 5 Grootwaterval Farm Prince Albert 6930 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -32.99821 22.210356
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem