McDougallsbaai Akkommodasie by Gull Cottage | LekkeSlaap
+32
+32

Gull Cottage

Selfsorg
  • Vanaf R1 500 per nag (vir 4 persone)
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kobus Meiring-straat 1898 , MacDougallsbaai, Port Nolloth, 8280, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Gull Cottage is 'n gerieflike selfsorgkothuis in McDougallsbaai in Port Nolloth aan die Weskus. Dis teen die see en bied 'n mooi uitsig oor die baai, veral wanneer die son sak.

Dié kothuis beskik oor 2 kamers. Die eerste kamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede kamer het 'n dubbelbed. Daar is ook slaapplek vir 'n kind op die rusbank in die leefarea, mits dit vooraf gereël word. Die badkamer het 'n stort-oor-bad, wasbak en toilet.

Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware.

Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV met OpenView, maar gaste kan hul eie DStv-dekodeerder saambring.

Daar is 2 braai-areas, waarvan 1 beskut in 'n binnehof agter die huis is en die ander in die voortuin is met 'n uitsig oor die baai.

Die eiendom het 'n muur, heining en direkte toegang tot die strand. Daar is ook parkeerplek op die perseel agter 'n hek.

MacDougalls is 'n ongerepte area in 'n woestynstreek. Die baai is groot met 'n rif in die weste wat dit teen die see beskerm. Die baai is geskik vir watersport, soos swem, duik, kanovaart, waterski, jetski en vlieërbranderry as die wind saamspeel. Daar is ook 'n lang sandstrand waar gaste kan ontspan en beskutte swemareas.

Slaapplek

’n Bespreking by Gull Cottage sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Ligging

  • Kobus Meiring-straat 1898 , MacDougallsbaai, Port Nolloth, 8280, Noord-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 500
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R1 500
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R1 500
per nag (vir 4 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kobus Meiring-straat 1898 , MacDougallsbaai, Port Nolloth, 8280, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA34fef01b0539f70171beef4e8e21a9c0c31b8449e4d77b88279488e694f6fcc79e5b971789639188e17e099d406d925fb61a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 500  per nag (vir 4 persone) 1898 Kobus Meiring Street MacDougall's Bay 8280 Noord-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -29.278023848697 16.880134407838
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za