Gulls' View

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Gulls' View is ideaal vir vakansiegangers en wittebroodpaartjies. Daar is regdeur die jaar geleenthede vir swem, sonbaai en visvang. Dit is 'n moderne selfsorg-vakansiehuis met 3 slaapkamers en 2 badkamers op die kus in 'n stil, veilige kompleks. Die woonstel bied slegs slaapplek vir 'n maksimum van 5 mense. Ekstra gaste, insluitend babas en kinders, sal weggewys word. Weens verskeie redes mag gaste ongelukkig nie hul eie beddegoed bring nie.

Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n baie groot stort, toilet en wasbak. Die hoofslaapkamer en tweede slaapkamer bied albei uitstekende see- en tuinuitsigte.

Ons oopplan-kombuis is ten volle toegerus met 'n mikrogolfoond, 'n yskas en 'n vrieskas. Daar is 'n 32 cm platskerm-TV met duidelike, plaaslike kanale. Bring jou eie DStv-dekodeerder en slimkaart vir jou persoonlike behoeftes. Die leefarea maak oop na 'n ruim, beskutte patio met asemrowende see-uitsigte. Gulls' View het 'n kluisie, 'n opvoutafel en buite-stoele, 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër, gedeelde wasgoedlyn en 'n strykyster en -plank. Gaste kan van die tuin na die strand stap.

Daar is 1 toesluitmotorhuis en 1 parkeerplek beskikbaar vir Gulls' View. Die kompleks het braaigeriewe langs 'n gemeenskaplike swembad met 'n dek.

Ramsgate en Margate se het veilige Blouvlagstrande waar gaste kan gaan swem. Die strand is 'n gunsteling-bestemming vir swemmers, snorkel-entoesiaste, stappers, drawwers, rots- en strandhengelaars en diegene wat hou daarvan om skulpe te versamel. Ramsgate het lanseerplekke vir diepseehengel-ekspediesies, walvis- en dolfynkyk-bootritte en skubaduik. Daar is verskeie gholfbane naby wat sal verseker dat jou welverdiende wegbreek genotvol is. Shelly Beach se inkopiesentrums, rolprentteaters en restaurante is slegs minute hiervandaan.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Gulls' View gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 450 per nag (vir 5 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za