Gusbie

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Des 2019 tot 19 Des 2019.

Beskrywing

Gusbie is 'n vakansiehuis in die gewilde kusdorp Uvongo.

Dié huis beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede kamer het 'n stapelbed en nog 'n bed. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet.

Die kombuis het 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, stoof, oond, breekware, eetgerei en 'n wasmasjien. Die sitkamer het 2 rusbanke en 'n TV met 'n DVD-speler. Gaste moet asb. hul eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saambring. Daar is 'n etenstafel op die toegeboude stoep.

Buite is 'n onderdak-patio met braaigeriewe, 'n klein pool-tafel en 'n tafel en stoele. Die ruim tuin is 'n lekker speelplek vir kinders. Parkeerplek vir 1 voertuig is beskikbaar in 'n motorhuis wat gedeel word.

Gaste moet asb. hul eie handdoeke en vadoeke saam.

Gusbie is 1,8 km vanaf Uvongo-strand, 13 km vanaf Riverbend-krokodilplaas, 7 km vanaf die South Coast Mall 5km van Shelly Centre, en 25 km vanaf Mac Banana.

Skoonmaakdienste kan gereël word teen ekstra koste, maar die huis sal skoongemaak word voor en na gaste se vertrek..

Let wel: Die eienaars woon ook permanent op die perseel in ’n aparte woonstel.

Slaapplek

'n Bespreking by Gusbie sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  DVD-speler
  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Gusbie gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 R540 per nag (vir 5 mense)

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Des 2019 tot 19 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za