Gute Nacht Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Krugersdorp het 'n groot verskeidenheid besienswaardighede. Dit is hoekom jou verblyf by Gute Nach Guest House onvergeetlik beloof te wees. Ons streef daarna om ons gaste te bederf met behulpsame, simpatieke, vriendelike en uitmuntende diens.

Ons het 5 en-suite kamers met koninggrootte beddens wat omgeskakel kan word in enkelbeddens op versoek. Elkeen is in verskillende opgewekte kleure versier om jou tuis te laat voel. Al ons kamers is toegerus met TV's en dakwaaiers.

Ons kamers word daagliks skoongemaak en die nodige items word voorsien. Let asselief op die nie-rook aard van ons kamers - daar is 2 stoepe waarop rokers kan ontspan.

Nuttig ontbyt in ons pragtig-verierde eetkamer, of ontspan met 'n drankie by die kroeg. Koel heerlik af in die swembad of lapa na 'n vermoeiende dag op die langpad.

Ons kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg. Wasgoedgeriewe en 'n vervoerdiens is beskikbaar op versoek.

Daar is 'n sitkamer en 'n eetkamer met volledige DStv en gratis WiFi.

Ons het braaigeriewe op die stoep waar ons slaaie, eetgerei en breekware in die lapa of op die swembaddek in gereedheid kan bring.

Verder het ons veilige onderdakparkering, 'n afstandbeheerde hek en sekuriteitsdienste met afstandstrale snags.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Gute Nacht Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za