Hamilton Manor Guest Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hamilton Manor Guest Farm is 'n skaap- en wildplaas in die Karoo, ideaal geleë tussen Kaapstad en Johannesburg en slegs 6 km vanaf die N1-hoofweg. Dis die ideale plek om uit die stad te ontsnap en die rustige atmosfeer van 'n tipies Vrystaatse plaas te beleef. Dié gerieflike oonagverblyf is in die Xhariep Distrik van die suidelike Vrystaat, net buite die dorpie Springfontein, geleë.

Ons bied slaapplek vir tot 10 gaste. Daar is 4 nuwe, smaakvol gemeubileerde slaapkamers. Twee van die slaapkamers het elkeen hul eie badkamer en 'n koningingrootte-bed. Die derde en vierde kamers vorm 'n gesinseenheid en deel 'n badkamer. Alle linne en handdoeke, sowel as seep, word voorsien.

Elke slaapkamer het koffie- en teemaakgeriewe. Die 4 eenhede deel 'n leefkamer en braaigeriewe met 'n beeldskone uitsig oor die plaas. Veilige parkeerplek is beskikbaar na aan elkeen van die kamers.

Indien jy ontbyt of ander etes wou benut, moet dit net vooraf gereël word. Jy sal dan toegang hê tot ons selfdiens-ontbyt wat ontbytgraan, muesli, jogurt, vrugtesap, vars vrugte, koffie, tee en beskuit insluit. Vir aandete kan ons braaipakke voorsien. Kinders is meer as welkom.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Fietsry
  •  Wildkyk

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Etes Op Versoek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Hamilton Manor Guest Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za