LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Hands On Retreat Craighall | LekkeSlaap
+25

Hands On Retreat Craighall

Gastehuis
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Argyle-laan 4, Craighall, Randburg, 2196, Gauteng
  • Geen kinders onder 18
  • Vanaf R850 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Hands On Retreat is 'n 4-ster-boetiekgastehuis en Slaap-spa in Craighall in Johannesburg. Ons fokus op "ons-tyd" vir paartjies en bied spesiale pakkette aan wat verblyf met spa-behandelings kombineer. Ons bied geleentheid aan paartjies om weg te breek vir 'n aand of 'n naweek. In vandag se gejaagde lewe is dit so noodsaaklik om "ons-tyd" 'n prioriteit te maak.

Die Paartjie Oorslaap-pakket is veral gewild en bied 'n paartjie 'n warmklip-massering en 'n romantiese piekniek. Of word vir 'n hele dag in die spa bederf, en slaap dan oor. Pure uitrus-genot!

Ons is naby die Gautrain se Sandton- en Rosebank-stasies en net om die draai van die Hyde Park-winkelsentrum. Die gastehuis skuil in 'n boomryke tuin met sy eie spruit en verskeie voëlspesies.

Die verblyf is ideaal vir sakereisigers en vakansiegangers met verskeie spa-pakkette vir individue of paartjies.

Elke eenheid het sy eie tuin-ingang en 'n patio-area met 'n tafel en sitplek. Kom asem die vars lug in terwyl jy ontspan met 'n boek of koerant, of op jou slimfoon of skootrekenaar werk met behulp van gratis WiFi.

Elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Daar is 'n ekstra lang koningingrootte-bed, ondervloerse verhitting, 'n kluisie en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale.

Die Premium Retreat Kamers spog elkeen met 'n dubbelstort en 'n dubbelbad wat dit ideaal maak vir 'n spesiale herdenking, 'n troue en 'n wittebrood.

Gaste kan behandelings op die dek geniet wat oor die Craighall-spruit uitkyk, mediteer of net ontspan en die natuur in die tuin geniet. 'n Ligte ontbyt, middagete, teemaaltyd en piekniekmandjies kan by die Fresh Coffee Shop geniet word.

Vervoer vanaf die Gautreinstasie kan vir oornag- en spa-gaste gereël word.

Die spa-behandelings vir paartjies sluit 'n warmklip-massering en 'n piekniek, 'n spa-bederf wat 3 ure duur, of 'n spa-bederf wat die hele dag duur in.

Hiér sal gaste heeltemal afskakel en hulle batterye herlaai, tog is verskeie moderne geriewe ingesluit, soos WiFi in al die kamers, op die patio's en in die tuin.

Kenmerke

Afrikaans
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Spa-behandelinge
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee

Konferensiegeriewe

  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Diners-kaart
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Argyle-laan 4, Craighall, Randburg, 2196, Gauteng
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R850
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R850
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Argyle-laan 4, Craighall, Randburg, 2196, Gauteng
  • Geen kinders onder 18
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDBjZDZmMjM2LWExOGQtNDBhYS04ZjQyLWVmOTg4NGIwY2RlMg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R850  per nag (vir 2 persone) 4 Argyle Avenue Craighall 2196 Gauteng 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -26.11562 28.02493
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!