Happy Days Holiday Rentals & Conferencing

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Happy Days Holiday Rentals & Conferencing bied gerieflike selfsorgverblyf in die pragtige kusdorpie Amanzimtoti. Ons het verskillende woonstelle wat geskik is vir klein en groot families. Amanzimtoti is ideaal vir diegene wat net lekker in die son wil ontspan, pret saam met die kinders wil hê of werk het om te doen.

Woonsteltipes: ateljeewoonstelle, eenslaapkamer- en tweeslaapkamereenhede wat 2 tot 6 persone akkommodeer. Elke woonstel is volledig toegerus vir selfsorg en is ingerig met TV met DStv-koppelpunt, beddegoed en linne. Die woonstelle word elke dag skoongemaak, behalwe op Sondae en openbare vakansiedae. Geriewe op die perseel: wasgoeddiens, gemeenskaplike stoep met braaigeriewe, faks-, e-pos-, en kopieërgeriewe. Daar is ook 'n kluis beskikbaar vir wapens en waardevolle items.

Ons woonstelle is ideaal vir besoekers wat die eindelose, ongerepte strande en die rotspoele wil verken, of gebruik wil maak van die vermaak, visvang of bootvaart op die strandmeer. As jy net jou batterye 'n bietjie wil herlaai en in die sonnetjie wil lê, is hierdie plek ook uiters ideaal. Swem lekker in die Indiese Oseaan en verlustig jouself in die skoonheid van hierdie pragtige, ongerepte stukkie kus. Die soel, subtropiese klimaat verseker heerlike sonskyn regdeur die jaar en hope pret op die strand.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Konferensiegeriewe

  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Kantoorgeriewe
  •  Internet
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Happy Days Holiday Rentals & Conferencing gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R521 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za