Harbour Road Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Harbour Road Cottage is ’n moderne selfsorgwoonstel in Kalkbaai aan Valsbaai se kus wat pragtige uitsigte oor die see en hawe bied. Die woonstel is loopafstand van verskeie restaurante, koffiewinkels en die houtpromenade af. Dié kothuis is die ideale basis om al die besienswaardighede in Valsbaai en Kaapstad te verken.

Dié woonstel het slaapplek vir 2 gaste en het 1 slaapkamer, 1 badkamer en ’n oopplan-kombuis en -leefarea. Die slaapkamer het ’n koningingrootte-bed en die badkamer beskik oor ’n stort, wasbak en ’n aparte toilet.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en het ’n stoof, oond, mikrogolfoond, yskassie en ’n ontbyttoonbank met stoele. Daar is ’n platskerm-TV met premium DStv. Die leefarea is ’n paar trappe op en het ’n lessenaar en lieflike uitsigte oor die see. Daar is parkeerplek in die motorhuis vir 2 voertuie.

Die kothuis is enkele minute se stap vanaf Kalkbaai se winkels, restaurante en die hawe. Dit is perfek vir walviskyk binne seisoen, lang stap op die naby geleë strande, branderplankry by Muizenberg en swem by Wooley se getypoel oorkant die pad.

Slaapplek

'n Bespreking by Harbour Road Cottage sluit in:

1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Konferensie geriewe

  •  Televisie

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Harbour Road Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]